Hou jou sambreel byderhand

  • 02 November 2020
  • 1348
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Donderstorms en swaar reën

Dit word voorts berig dat Suid-Afrikaners in die noorde van die land hulself moet voorberei vir nog swaar reën wat na verwagting tot Vrydag sal voortduur. Volgens Wayne Venter, ʼn weervoorspeller by die SAWD, word donderstorms ook vanaf Maandagmiddag vir Gauteng, KwaZulu-Natal, die Hoëveld van Mpumalanga asook die sentrale en westelike gedeeltes van Limpopo voorspel.

Warm weertoestande

Volgens Wayne sal die meeste van die reënweer oor die land teen Vrydag op klaar, en mooi en warm weerstoestande word vir die naweek verwag. Inwoners van die noordelike dele van die land moet hulself staal vir erge hittetoestande die naweek.

ʼn Swak kouefront sal ook teen Vrydagmiddag die suidelike kus van die Wes-Kaap tref wat koue weerstoestande en ligte reën vir hierdie provinsie sal inhou.






Related Articles