Amerika vergroot marktoegang vir SA sitrusprodukte

  • 13 November 2020
  • 1320
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Dié aankondiging kom nadat beperkte marktoegang vir lank ʼn struikelblok vir die plaaslike bedryf was, en invoere slegs tot vier hawens in Amerika beperk was. Gevolglik kan daar uitgevoer word na enige Amerikaanse hawe wat oor koelkamerfasiliteite beskik, insluitend strategies belangrike hawens soos Charleston, Suid-Carolina, Savannah en Georgia.

Volgens die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Lana Marks, verteenwoordig die opening van die bykomende hawens ʼn stap in die regte rigting ten einde die bevordering van handelsverhoudinge tussen die twee lande. Sy meen voorts dat die groter marktoegang tesame met die gepaardgaande verlaging in vervoerkoste as aansporing vir Amerikaanse handelaars sal dien om nog meer plaaslike sitrusprodukte aan dié internasionale mark te lewer.

Die Suid-Afrikaanse Sitruskwekersvereniging het by monde van sy uitvoerende hoof, Justin Chadwick, die aankondiging verwelkom en bygevoeg: “Die oopstelling van meer hawens vir plaaslike sitrusvrugte beteken dat ons hoë gehalte, vitamien C-ryke sitrusvrugte nou selfs meer internasionale verbruikers gaan bereik”.

* Volgens statistiek deur Summer Citrus, het Suid-Afrika in 2020 meer as 77 000 ton sitrus na Amerika uitgevoer.





Related Articles