Senwes Graduates

 
Die Senwes Graduate-program het in 2012 met die louere weggestap by AgriSETA se Uitnemendheidstoekennings in die kategorie: Leier-werkgewer – AgriSETA vaardig­heids­ontwikkeling, werksplek-ervaring.


Untitled Page

Senwes Graduates

Die Senwes Graduate-program bied talentvolle gegradueerdes die kans om hulself tot die toekomstige leiers van die maatskappy te ontwikkel. Hierdie een jaar program bied die geleentheid om te leer en te ontwikkel deur middel van ‘n gestruktureerde roterende en gespesialiseerde ontwikkelingsprogram sowel as deur blootstelling aan mentorskap van suksesvolle leiers in die werksomgewing.

Oor die program  |  Doen aansoek   |  Kontak ons
Waarom werk by Senwes?



Graduate Ervaringe

Tshegofatso Rasemane (Junior HR-beampte: Menslike Hulpbronne)

"Ek het soveel kennis en vaardighede ontwikkel deur die verloop van die program. Ek stel voor dat jy hierdie geleentheid aangryp en soveel leer as wat jy kan. Toe ek vir die eerste keer gehoor het dat ek permanent aangestel sou word, was ek baie opgewonde en trots dat Senwes potensiaal in my raakgesien het."


 

Leon van Tonder (Junior Besigheidsanalis: IT Dienste)

"Buiten die tegniese modules, was die groot ding vir my die feit dat die program my laat besef het dat ons onself moet bly uitdaag om sodoende die beeld van potensiële toekomstige leiers uit te straal; veral in vandag se mededingende poel jong talentvolle individue."


Pogisho Rakate (Leerling Agronoom: Landboudienste)

"Die program het my die platform gebied om my loopbaan as agronoom te vestig, terwyl ek terselfdertyd baie van die korporatiewe omgewing geleer het. Dit is ‘n skitterende geleentheid – gryp die met albei hande aan en leer soveel as moontlik!"


 

Stephan le Roux (Kredietkontroleur: Senwes Credit)

"Ek het verskeie waardevolle netwerke gevestig gedurende die insameling van inligting vir ons projekte. Ek sou waarskynlik baie van hierdie mense nooit ontmoet het onder normale omstandighede nie. Die program het my ook toegerus met handige werksplekvaardighede en kennis."


Facebook   Twitter   YouTube  



SENWES LIMITED Registration number: 1997 / 005336 / 06
1 Charel de Klerk Street, Klerksdorp --- PO Box 31, Klerksdorp, 2570
Tel: +27 18 464-7800 | Fax: +27 18 462-4873 | Toll Free: 080 941 4011 | E-mail: info@senwes.co.za
Credit provider - Ref number: NCRCP 2402
Any questions or comments regarding the Senwes website
can be sent to webmaster@senwes.co.za