Wolprys verbeter na rekord laagtepunt

  • 26 October 2020
  • 1152
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Volgens ʼn onlangse Cape Wools-markverslag, het die prys tydens die negende veiling van die 2020-’21 seisoen met 8,6% gestyg tot R142,32 per kilogram. Daar was voorts sterk mededinging vir volhoubaar geproduseerde Merinowol van ʼn goeie gehalte. Lang fynwol het, teenoor korter Merinowol, ʼn goeie premie behaal.

Volgens Deon Saayman, bestuurder van Cape Wools, is die verbetering in die marksentiment belowend en daar is veral belangstelling vanuit die Oosterse markte. ʼn Tweede vlaag koronavirusinfeksies veroorsaak egter onsekerheid vanuit Europa.

Saayman meen dat die mark sal herstel wanneer die kleinhandelsektor normaliseer en daarom is dit belangrik dat modehandelsmerke vinnig weer stabiliseer ten einde verkope op goeie vlakke te kry.





Related Articles