Wipplank jaar vir SA eierbedryf

  • 23 December 2020
  • 1548
  •  
  •  
  •  nuus



In die begin van die jaar was eierprys baie laag nadat die bedryf van voëlgriep herstel het en die produksiegetalle gevolglik sterk toegeneem het.

Kort daarna het die koronaviruspandemie sy verskyning gemaak en die vraag na eiers het drasties toegeneem tydens die strengste fases van die staat van inperking. Dié tendens is toegeskryf aan die landwye toename in Suid-Afrikaners wat self kos by die huis voorberei en aan die feit dat eiers een van die bekostigbaarste bronne van diereproteïen is. Gedurende hierdie tyd het die prys van eiers met meer as 30% toegeneem.

Hierdie verhoogde vraag na eiers het egter weer getaan toe die plaaslike ekonomie heropen is.

Volgens die eier- en voerprodusent Quantum Foods, wat in 2020 net minder as 1,2 miljard eiers in Afrika en Suid-Afrika verkoop het, was die nasionale eierprys vanjaar ongeveer 2,4% laer as in die groep se 2019-boekjaar. Volgens die groep het verskeie faktore tot die prysdaling bygedra, waaronder die hoë nasionale lêhen-getalle, die aanbod na eiers en verhoogde voerkostes, ingesluit kan word.

Quantum sê die nasionale lêhen-getalle is in April 2020, volgens syfers van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging, op ʼn nuwe rekordgrootte van 29,5 miljoen henne vasgestel. Die vorige rekord was 28,1 miljoen in September 2019. Wat voerkoste betref, word ʼn goeie plaaslike somergraanoes verwag, maar die wisselkoers bly onvoorspelbaar en raak die koste van alle grondstowwe.






Related Articles