Vierde drankverbod straks in hof betwis

  • 30 June 2021
  • 1174
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Dit is die vierde drankverbod sedert die nasionale staat van inperking in Maart verlede jaar aangekondig is.

Volgens Rico Basson, besturende direkteur van Vinpro, laat dié aankondiging die drankbedryf bekommerd en teleurgesteld.

“Ons glo beperkings op wynverkope kon op ʼn minder skadelike manier ingestel word. Dit sou die druk op die gesondheidstelsel verlig, oordrag verminder en terselfdertyd help om lewensmiddele te bewaar,” sê Basson en voeg by dat Vinpro reeds met hul regspan in die verband vergader het.

Die Vereniging vir Suid-Afrikaanse drankhandelsmerkeienaars (Salba) meen die regering moet redes verskaf waarom die drankverbod weer ingestel is, ondanks ʼn gebrek aan bewyse dat alkoholverkope die besmettingskoers verhoog. Volgens Sibani Mngadi, Salba se voorsitter, blyk dit asof die regering glad nie gedink het aan eneive vorm van ekonomiese verligting vir ondernemings en hul werknemwers wat deur die verbod geraak word nie. Dit is volgens hom ʼn ongelukkige situasie, veral as daar in gedagte gehou word hoeveel hulpbronne na bewering verlore is weens korrupte verligtingseise.

Groter geleentheid vir onwettige drankhandel

Basson sê dat dit ʼn bewese feit is dat ʼn kombersverbod nie die verlangde uitkomste tot gevolg sal hê wat die regering op die vooruitsig stel nie, maar eerder ontwettige drankhandel sal stimuleer.

Mngadi stem hiermee saam en verduidelik dat die drankverbod mense aanmoedig om handelsvoorwaardes te verbreek, wat kan lei tot onverantwoordelike alkoholverbruik.  Salba meen die regering sal meer sukses behaal deur die nasionale inentingsprogram beter te bestuur. “Die ondoeltreffende uitrol van die inentingsprogram benadeel sake-en ekonomiese aktiwiteit in die land. Sonder ʼn wydverspreide, doeltreffende program kan die land nie met ekonomiese herstel begin nie,” sê Mngadi.






Related Articles