Verwerkingsaanlegte veg in die voorste linies vir biosekuriteit

  • 06 November 2020
  • 1709
  •  
  •  
  •  nuus



Hierdie wetgewing speel ʼn belangrike rol, nie net in terme van biosekuriteit binne die groter rooivleiswaardeketting nie, maar ook om verbruikers gerus te stel oor die veiligheid én die kwaliteit van die produkte in hul inkopiemandjie.

Wetgewing bepaal dat die volgende maatreëls konsekwent en ten alle tye toegepas moet word:

  • Die skoonmaak en ontsmetting van vragmotors ingevolge die Wet op Vleisveiligheid (nr. 40 van 2000).
  • Die uitreiking van gesondheid- en oorsprongsverklarings vir alle diere wat gelewer word, ingevolge die Wet op die Identifikasie van Diere (nr. 6 van 2002) en die Wet op Veediefstal (nr. 57 van 1959). Dokument identifikasie en ʼn gepaardgaande voorraadverwyderingsertifikaat moet ook met elke transaksie gelewer word.

Volgens die vereniging se algemene bestuurder, dr Gerhard Neethling, moet bogenoemde maatreëls in daaglikse praktyke ingebou word, ten einde volhoubare biosekuriteitspraktyke te verseker. Vir meer inligting besoek gerus die vereniging se webblad.






Related Articles