Vernuwing en aanpasbaarheid die sleutel tot agri-sukses

  • 02 October 2020
  • 1399
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Hierdie tendens is duidelik te bespeur in die feit dat daar tans net ʼn tiental groot agri-besighede, van ʼn koöperatiewe aard wat insetmiddele asook tegniese, finansiële en bemarkingsdienste aan produsente voorsien, in vergeleke met die meer as 30 wat in die laat 1980’s bedryf is.

Strategie as rigtingwyser

Francois verduidelik dat die Groep se strategiese fokus daarop gerig is om groei en diversifikasie deur konsolidasie en integrasie binne die landbou- en voedselwaardeketting te bewerkstellig. Deur middel van hierdie strategie is Senwes goed geposisioneer as een van die land se toonaangewende agri-besighede.

Ingevolge dié strategie het die Senwes groep onlangs vir Suidwes oorgeneem, en in 2019 ʼn 58%-aandeelhouding in KLK verkry. Gevolglik is Senwesbel Beperk – wat die grootste aandeelhouer in Senwes is, se naam intussen na Agribel Beherend Beperk verander. Boonoop het Senwes in 2019 Falcon en Staalmeester, twee vervaardigers en invoerders van landbou-implemente, bekom.

Volgens Corné Kruger, Groep Hoof Finansiële Bestuurder, het die Groep ʼn goeie gevoel vir die optimale kapitaalstruktuur ontwikkel. Hy verduidelik dat Senwes genoeg kapitaal wys vir groei, maar terselfdertyd verseker dat die balansstaat nie lui en duur raak nie. Hy som dié benadering op, as hy sê: “Ons waak teen ʼn te aggressiewe belegging in defensiewe bates wat opbrengste wegvreet en, teen te aggressiewe beleggings in groeikapitaal wat die speelveld vir mededingers oop los”.





Related Articles