Verhoogde kragtariewe kan landbousektor kniehalter – Vrystaat Landbou

  • 21 December 2021
  • 846
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Dit volg nadat die kragverskaffer aangedui het dat hy ʼn versoek aan die nasionale energiereguleerder, Nersa, gerig het om elektrisiteitskoste vanaf 1 April te verhoog. ʼn Besluit in hierdie verband sal geneem word na afloop van ʼn reeks openbare sittings wat vanaf 17 tot 21 Januarie aanlyn aangebied sal word.

Volgens Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL) is dit onaanvaarbaar dat verliese deur Eskom, wat deur korrupsie veroorsaak is, van betalende kliënte verhaal word. Hy meen dié verliese kan onder meer toegeskryf word aan die Medupi-en Kusile-kragsentrales, steenkoolkontrakte en die R37 miljard wat munisipaliteite skuld.

Op sy beurt meen dr Jack Armour, bedryfsbestuurder by VL, dat Eskom se aansoek aan Nersa drie afsonderlike dokumente vir prysverhogings in kragopwekking, transmissie en distribusie bevat. Dr Armour voeg by dat Eskom se mededinging vir opwekking steeds te straf gaan wees, ten spyte van die R131 miljard wat tydens Cop-26 aan Suid-Afrika beloof is om oorgang na groen krag te bespoedig. “Die publiek kan nie verantwoordelik wees om Eksom te finansier om in mededinging met die private sektor sy eie alternatiewe kragopwekkingsvermoë uit te brei nie,” verduidelik dr Armour.

Volgens Armour rig VL jaarliks voorleggings aan Nersa ten einde Eskom se voorstelle vir drastiese prysverhogings teen te staan. Op sy beurt rig Nersa jaarliks ʼn versoek aan VL om ekonometriese en makro-ekonomiese analises oor die prys-elastisiteit van landboukommoditeite se insetkoste teenoor kragprysverhogings, asook die drumpelprys van Eskom waarteen boere sal oorskakel na alternatiewe energie-opsies, te voorsien.






Related Articles