Toename in byevrektes aan chemiese landboumiddels toegeskryf

  • 11 August 2021
  • 517
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Meer oor die studie
  • Die navorsers het ‘ nuwe meta-ontleding van tientalle studies oor die afgelope 20 jaar onderneem en spesifiek gefokus op die wisselwerking tussen landbouchemikalieë, parasiete en wanvoeding op die gedrag van bye – soos onder meer hul soektog na kos, geheue en voortplanting van kolonies, asook die bye se algemene gesondheid. Daar is bevind dat wanneer die verskillende stresfaktore op mekaar inwerk, dit ʼn uiters negatiewe uitwerking op bye het en gevolglik die moontlikheid van vrektes verhoog.

     

    Een van die belangrikste bevindinge was dat daar ʼn sinergistiese wisselwerking bestaan tussen verskillende insekdoders, wat beteken dat hul gesamentlike uitwerking groter is as die somtotaal van die individuele uitwerking.

     

    Uit die bevindinge was dit ook duidelik dat huidige risiko-ontledings nie voorsienning maak vir hierdie vrektes nie, en dat regulatoriese prosesse – soos dit tans bestaan, nie beskerming aan bye bied teen die ongewenste blootstelling aan komplekse landbouchemikalieë nie.

     

    Die meta-ontleding het voorts bevestig dat die mengsel van landbouchemikalieë wat bye in ʼn intensiewe landbou-omgewing teëkom, ʼn gevaar vir bybevolkings inhou.

     

    Indien hierdie uitdagings nie daadwerklike aandag geniet nie, sal dit aanleiding gee tot die voortgesette daling in die voorkoms van bye en hul bestuiwingsdienste, tot nadeel van mense en die gesondheid van ekostelsels oraloor.

     

    So beïnvloed skadelike chemikalieë bye

    Bye word op die volgende wyses deur chemikalieë beïnvloed:

     

    • Dit belemmer bye se vermoë om te navigeer, hulle sukkel om hul pad huis toe te kry en onderskei moeilik tussen reuke.
    • Dit ontwrig bye se breinfunksie en ontneem hul van die vermoë om hul liggaamstemperatuur te reguleer, hul vermoë om te vlieg en om kos te soek.

    Meer oor bye en bestuiwers

     

    • Een uit elke drie happies kos wat ʼn mens inneem, maak op bye staat vir bestuiwing.
    • Bye bestuur 71 van die lys van 100 gewasse op die Voedsel en Landbou-organisasie van die Verenigde Volke.
    • Die koninklike geografiese gemeenskap (Royal Geographical Society) van Londen het bye tot die belangrikste wesens op aarde verklaar.
    • ʼn Kolonie bye sal 88 500 km vlieg om sowat 500 g heuning te maak.
    • ʼn Vroulike by maak ʼn halwe teelepel heuning in haar leeftyd.
    • Bye het 170 reukreseptore.
    Vir meer inligting oor die navorsingsprojek, besoek https://go.nature.com/3k1bzWX





Related Articles