Stemdag tot openbare vakansiedag verklaar

  • 12 October 2021
  • 279
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Dié besluit is geneem ingevolge artikel 2A van die Wet op Vakansiedae van 1994.

Volgens Tyrone Seale, waarnemende woordvoerder van president Cyril Ramaphosa, sal dié besluit help verseker dat werknemers hul grondwetlike stemreg op 1 November kan uitoefen. Hy moedig ook alle geregistreerde kiesers aan om van die vakansiedag gebruik te maak om te stem en só hul burgerlike plig te vervul.

Tydens die aankondiging is kiesers ook daaraan herinner dat hulle slegs hul stemme sal kan uitoefen by die stemlokale in wyke waar hulle geregistreer is. Kiesers moet daarop let dat indien hulle dit oorbinnelands te reis, sal hulle nie hul stemme kan oordra na stemlokale buite hul aangewese wyke nie. 





Related Articles