SA voer vanjaar meer tafeldruiwe uit

  • 13 November 2020
  • 1032
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Dit is aldus die Suid-Afrikaanse Tafeldruifbedryfsvereniging (SATI) se eerste oesskattingsverslag vir die 2020-’21 seisoen.

Vanjaar se oes word op tussen 65 miljoen en 69,8 miljoen kartonne geskat en teen ongeveer 4,5kg per karton meen dié vereniging dat die volumes besig is om na normaal terug te keer.

Volgens SATI voorsitter, Fanie Naudé, fokus die bedryf vanjaar daarop om kwaliteit tafeldruiwe, as ʼn belangrike bestanddeel van ʼn gesonde dieet, te lewer. “Produsente is, te midde van die koronaviruspandemie, slaggereed om aan die groeiende wêreldwye vraag na gesonde vrugte te voorsien,” sê Fanie.

Dié oesskatting word verder ondersteun deur die mees onlangsste wingerdstoksensus wat daarop dui dat die markte gunstig reageer op die nuwe variëteite waarin daar belê is. Hierdie belegging gee daartoe aanleiding dat ouer variëteite vinniger vervang kan word.






Related Articles