SA vier eerste uitvoerbesending van medisinale daggaprodukte

  • 30 June 2021
  • 653
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Die vrag gedroogde kannabisprodukte is deur Felbridge, ʼn maatskappy wat medisinale dagga kweek, versend. Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte-reguleringsowerheid (Sahpra) het in 2019 ʼn lisensie aan dié maatskappy in die Wes-Kaap uitgereik om medisinale dagga op ʼn plaas buite Stellenbosch te kweek.

Felbridge behoort aan die Zetler-familie wat alombekend is vir hul arbeiboerderye.

Meer oor die eerste uitvoerbesending

Die vrag gedroogde kannasbisblomme is verlede week vanaf die Kaapstad Internasionale Lughawe na Switserland versend en is reeds deur die Switserse kliënt in ontvangs geneem.

Volgens Leslie Zetler, Felbridge se uitvoerende hoof, is dié uitvoerbesending van farmaseutiese daggaprodukte die maatskappy se grootste en belangrikste mylpaal nog. “Hierdie prestasie spreek nie net tot ons maatskappy nie, maar breek ook ʼn lansie vir die Suid-Afrikaanse kannabisbedryf. Meer nog, dit versterk ons oortuiging dat ons plantgenetika – wat deur middel van kunsmatige intelligensieteeltegnologieë ontwikkel is, van hoogstaande gehalte is en aan die Europese mark se behoeftes voldoen,” sê Zetler.

Hy meen voorts dat die maatskappy die eerste stap geneem het om aan die oproep van president Cyril Ramaphosa gehoor te gee om die plaaslike kannabisbedryf te ontwikkel en uit te brei.

ʼn Helpende hand na opkomende produsente

Behalwe om self kannabisprodukte van wêreldgehalte te verbou en te verwerk, beywer die maatskappy homself ook vir die bemagtiging van opkomende produsente.

Omdat dit volgens Zetler baie moeilik is om die sterk gereguleerde wêreldwye daggabedryf te navigeer, bied die maatskappy hulp aan gelisensieerde kwekers deur middel van die beskikbaarmaking van genetiese materiaal in verskeie vorme soos saad, gewortelde klone of in-vitro weefsel. Hierdie genetiese materiaal voldoen aan die hoë kwaliteit-en wetgewende vereistes wat deur die bedryf gestel word.

* Die oorspronklike artikel het in Times Live verskyn.






Related Articles