Rooivleiswaardeketting onder druk na uitbreek van bek-en-klouseer in KZN

  • 20 August 2021
  • 828
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Die staat se veeartsenykundige gesondheidsowerhede het die voorkoms van die siekte reeds op 22 plekke in die provinsie bevestig het, insluitend op twee groot kommersiële voerkrale buite die siektebestuursgebied wat deur die staat verklaar is nadat die uitbreking aan die einde van Mei bevestig is.

Volgens Angus Williamson, voorsitter van die KwaZulu-Natalse Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), het die kombinasie van die streng bewegingsbeheer vir vee uit die siektebestuursgebied saam met die kwarantyn van die twee groot voerkrale daartoe bygedra dat speenkalfverkope in die provinsie ampter tot ʼn algehele stilstand gekom het. Hierdie realiteit hou ernstige finansiële gevolge vir speenkalfprodusente op alle produksieskale in.

Op die keper beskou beïnvloed die situasie nie net produsente se kontantvloei nie, maar ook die rooivleisvoorraad.

Die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, verduidelik dat ʼn bewegingsprotokol en ʼn permitstelsel vir die beweging van gesplete hoefdiere in die siektebestuursgebied ingestel is om die siekte te help bekamp en om verdere verspreiding te voorkom. Patrollies en padblokkades is voorts ingestel as ʼn verdere beheermeganisme en boetes word uitgereik vir besendings wat sonder die nodige toestemming beweeg.

* Die onlangse geweldpleging in die provinsie het vertragings veroorsaak in die ondersoek van die siekte in die provinsie en gevolglik is daar nog geen noodinentings gedoen nie. 





Related Articles