Petrol styg terwyl diesel daal in September

  • 24 August 2021
  • 1008
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Volgens die assosiasie sal die prys van petrol met 4 c per liter styg, terwyl die prys van diesel met soveel as 16 c per liter sal daal. Paraffien sal 10 c per liter goedkoper wees. Dié aankondiging is gemaak nadat die Sentrale Energiefonds sy maandeinde petrolprysdata bekend gemaak het.

Die assosiasie skryf die veranderinge in die brandstofprys toe aan dalings in die internasionale prys van petroleum. Die olieprys het gedurende die eerste week in Augustus skerp gedaal, afgeplat en daarna verder geval. As hierdie neiging voortduur, is die assosiasie optimisties dat daar ʼn moontlikheid van prysverlagings vir alle brandstofgrade kan wees. Dit sal welkome verligting bring na die kwaai stygings van die voorafgaande maande.

Die daling in die olieprys kom na die organisasie vir lande wat petroleum uitvoer (Opec) aangekondig het dat hulle die produksie van olie tot 400 000 vate per dat gaan verhoog. Dit volg nadat ʼn beperking op olieproduksie, weens die Covid-19-pandemie, vroeër van krag gemaak is. Hierdie verhoogde produksie van olie behoort die olieprys gedurende Augustus te stabiliseer.

* Die assosiasie verwag geen verdere brandstoftekorte weens die onluste in KwaZulu-Jatal en Gauteng nie, aangesien die Suid-Afrikaanse Petroleumraffinaderye (Sapref) weer op 21 Julie sy bedrywighede volstoom voortgesit het. 





Related Articles