Pandemie eis bekende in landboukringe

  • 05 July 2021
  • 767
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



In ʼn verklaring wat deur Bayer Crop Science uitgereik is, word Steenekamp deur dr Klaus Eckstein -hoof van Bayer SA en groepshoof van gewaswetenskap Afrika, as ʼn sagmoedige reus bestempel wat onthou sal word vir sy leierskap, vriendskap en humorsin. “Sy kennis en kundigheid in die bedryf het ʼn blywende invloed op die produsente en kollegas gehad met wie hy oor die dekades saamgewerk het,” sê Eckstein.

Steenekamp was ook ʼn bekende in Senwes geledere.

As landboukenner het hy gereeld aan Nasie in Gesprek-paneelbesprekings deelgeneem, tot die AVC Relief Umbrella-projek bygedra en as ʼn gewaardeerde verskaffer ʼn diens aan Hinterland gelewer.

Meer oor Kobus Steenekamp

Steenekamp is in Brits gebore en het in 1990 aan Brits Hoërskool gematrikuleer waarna hy ʼn MSc (Agric) aan die Universiteit van Pretoria (UP) behaal het. Dit is gevolg met ʼn MBA van die Noordwes-Universiteit (NWU).

Voor hy hom by Monsanto Suid-Afrika aangesluit het, waar hy die grootste deel van sy loopbaan deurgebring het, het hy in die produkontwikkelingspan van Bayer SA gewerk. In 2001 het hy hom as landboukundige by Monsanto aangesluit waar hy verskeie kommersiële rolle vervul het, waaronder: gewasbeskerming, biotegnologie en saad. Steenekamp was sedert 2011 die landboubestuurder van dié maatskappy.

Na afloop van die verkryging van Monsanto deur Bayer is Steenekamp op 1 Julie 2019 as die kommersiële hoof van Bayer SA se Crop Science-afdeling aangestel.




Wyle Kobus Steenekamp





Related Articles