Nog bibberweer voorspel vir SA

  • 29 September 2020
  • 1445
  •  Senwes
  •  
  •  news



Hy verduidelik dat elke keer dat ʼn frontale stelsel oor die land beweeg, word koue poollug agter die stelsel ingevoer. Terselfdertyd beweeg tropiese vog suidwaarts, wat saam met die koue lug, sneeu neerslae tot gevolg het. Weermodelle dui voorts aan dat sneeu moontlik is vanaf Woensdag, 30 September 2020, op die Wes-Kaapse berge terwyl dié toestande op Donderdag en Vrydag uitbrei na die Oos-Kaap, die suidelike Drakensberge en selfs so ver as die Noordoos-Vrystaat (aangrensend aan die Drakensberge). Gevolglik sal ʼn baie sterk hoogdrukstelsel wat gepaardgaan met koue lug en sterk suidewinde, verantwoordelik wees vir ʼn skerp daling in temperatuur.

ʼn Volgende frontale stelsel sal die land teen die tweede naweek van Oktober nader, maar volgens Johan lyk dit asof koue toestande en moontlike sneeu beperk gaan wees tot die suidwestelike binneland.

Dié skerp daling in temperatuur hou ʼn gevaar in vir wintergewasse wat nou begin are maak en gevoelig is vir skade weens koue. Dit kan ook skade aan vrugtebome en druiwe, veral in die sentrale tot suidelike binneland, veroorsaak.

Vir meer inligting, lees gerus die onderhoud wat Landbou.com in die verband met Johan gevoer het: https://bit.ly/3kWUf45





Related Articles