LNR vereer meestersuiwelboere

  • 27 October 2020
  • 1072
  •  Senwes
  •  
  •  news



Dié gesogte kompetisie word deur verskeie sleutelrolspelers as ʼn hoogtepunt op die land se landboukalender beskou en is vanjaar by wyse van ʼn virtuele geleentheid aangebied.

Die toekenningsgeleentheid is geopen deur dr Shadrack Moephuli, LNR-President en uitvoerende hoof. Hy het die belangrikheid van voortgesette belegging in navorsing en ontwikkeling beklemtoon, om tegnologies gevorderde instrumente vir die verbetering van diere te verseker, veral vir doeltreffende seleksie en teling in 'n era van verhoogde landbourisiko's. Dr Moephuli het erkenning gegee aan die aanpasbaarheid en innovasie van suiwelboere in die lig van daaglikse uitdagings soos 'n verminderde vraag as gevolg van die Covid-19-pandemie inperking. "Droogte het boere gedwing om na alternatiewe produksiestelsels te kyk en die teling van droogtebestande voerkultivars het 'n prioriteit geword," het dr Moephuli gesê.

Volgens dr Jakkie du Toit, Navorsingsbestuurder van die LNR Melkaantekening- en Verbeteringskema, is die doel van die Meester Suiwelboer kompetisie om erkenning te gee aan die land se beste presteerders in die teel van geneties uitstaande diere, met behulp van prestasie-opname en prestasietoetsing as instrumente.

Wenners is in verskeie kategorieë bekroon. Die wenners van vanjaar se LNR se Meester Suiwelboer Toekennings is:

• LNR Nasionale Meester Suiwelboer van die Jaar 2020:  PE Loubser (Johannes Loubser), Durbanville, Wes-Kaap

• LNR  Nasionale Kleinskaal Meester Suiwelboer van die Jaar 2020: MJ Zim (wyle Jan Zim), tussen Harrismith en Kestell, Vrystaat

• LNR Spesiale toekenning vir innoverende ontwikkeling deur 'n Suiwelprodusent van die Jaar 2020: Fort Hare Dairy Trust, Alice, Oos-Kaap

• LNR Nasional Kudde met die beste somatiese seltelling 2020: E Zeeman (Etienne Zeeman), Swellendam, Wes-Kaap met 155 000 selle/ml

• LNR Nasionale kudde met die beste tussenkalfperiode 2020: Tweekop Boerdery (Pieter Steenkamp en Dirk van Papendorp), Swellendam, Wes-Kaap met ‘n tussenkalfperiode van slegs 376 dae

Belangstellendes kan steeds die virtuele toekenningsgeleentheid kyk by  www.livestock.org.za/arcmasterdairymanawards .

* Die LNR se Nasionale Melkopname- en Verbeteringskema speel 'n kritieke rol in die suiwelbedryf deur die verskaffing van genetiese verbeteringsdienste, wat geakkrediteer is deur die Internasionale Komitee vir Diereopname. Die doel van die skema is om die volhoubaarheid en winsgewendheid van produksie te verbeter, wat uiteindelik bydra tot voedselsekerheid, werkskepping en die ontwikkeling van menslike kapitaal.





Related Articles