Kommer na sprinkaanswerms op sentraal SA toesak

  • 21 May 2021
  • 1435
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Ten einde sprinkaanbeheer so effektief as moontlik toe te pas het Vrystaat Landbou (VL) hande gevat met die Vrystaatse departement van landbou, en is rampbestuursplanne reeds in plek. Volgens dr Jack Armour, bedryfsbestuurder van VL, het die samewerking daartoe bygedra dat plaaslike spanleiers vir die beheer van die sprinkane reeds aangewys is.

Produsente moet die volgende stappe volg indien hulle enige swerms gewaar:

  • Hou die swerms dop en stel jou bure in kennis van watter rigting die swerms beweeg. Jy moet ook die plaaslike spanleier van die swerm se ligging vergewis deur koördinate en foto’s via Whatsapp te kommunikeer.
  •  Die ligging van sprinkaanswerms moet die spanleier teen 16:00 bereik sodat spanne na die area gemobiliseer kan word.
  • Wanneer die sprinkane vir die nag gaan lê, omstreeks 18:00 – 19:30, moet die GPS-koördinaat van die finale posisie aan die betrokke spanleier oorgedra word. ʼn Span sal dan gedurende die nag of vroeg die volgende oggend die swerm bespuit.
  • Waar sprinkane gedurende die nag op die grond gespuit word, word ʼn ontrekkingstyd van twee weke vir diere aanbeveel.

Spanleiers

 Die volgende spanleiers kan gekontak word om te help:

  • Luckhoff en omliggende gebiede: Hennie Grobbelaar, 073 445 5430.
  • Vanderkloof-area: Joggie du Plessis, 082 926 5660.
  • Philippolis en omgewing: George de Vos, 072 495 4133.
  • Ghaap-area, Boshof en omliggende gebiede: Ronnie Cawood, 082 468 7650.
Indien lede van die publiek groot swerms sien, kan hulle ʼn foto en die ligging van die swerm aan [email protected]m stuur.





Related Articles