Jongmense is die toekoms van SA landbou – Thoko Didiza

  • 03 September 2021
  • 598
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Die minister het aan ʼn ministeriële debat in die nasionale raad vir provinsies deelgeneem oor moontlike ingrypings om werkloosheid en armoede onder die jeug te verminder. Dit volg nadat Statistieke SA se jongste werkloosheidsyfers toon dat nagenoeg 64,4% van jeugdiges tussen 15 en 24 jaar en 42,9% van jeugdiges tussen 25 tot 34 jaar tans werkloos is.

Volgens Didiza verteenwoordig jongmense die basis van die mensekapitaal in die landbou- en landboubesigheidsektor as wetenskaplikes, voorligtingsbeamptes, landbou-ekonome, landbouhandelaars, kontrakteurs, veeartse en voedseltegnoloë.

Regeringsinisiatiewe

Volgens die minister is die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling daartoe verbind om ʼn aktiewe rol te speel in terme van die ekonomiese insluiting van die jeug.

Van die inisiatiewe wat in hierdie verband ʼn rol speel, sluit in:

  • Dat 40% van die 700 000 hektaar staatsgrond wat beskikbaar gestel word, aan jeugdiges toegeken moet word. In terme van die 151 478 hektaar wat oor die afgelope twee jaar toegestaan is, 38 163 hektaar of 25%, aan jongmense beskikbaar gestel.
  • Die presidensiële werkskeppingstimulus het reeds 32 999 jongmense gehelp, van wie 18 275 vroue was. Altesaam 2 450 bestaansboere is gedurende die Covid-19-inperkingstydperk in die 2020-2021 boekjaar ondersteun.
  • Die departement sal oor die volgende drie jaar 10 000 voorligtingsbeamptes aanstel.
  • ʼn Departementele plasingsprogram vir gegradueerdes in die landbou sal oor ʼn tydperk van twee jaar poog om 1 000 gegradueerdes suksesvol in die landbousektor te vestig as agripreneurs. Ondersteuning sal ook aan ongeveer 480 leerders gebied word om hul studie in verskeie landbourigtings te voltooi.
  • ʼn Eksterne beursskema sal voorts die opleiding van 1 905 jeugdiges help verseker.
  • Die departement se gegradueerde internskap-plasingsprogram sal jeugdiges in verskeie nasionale en provinsiale departemente sowel as die privaatsektor plaas.
  • Narysec, of die landelike jeugkorpsprogram, het tot op hede altesaam 572 jeugdiges van Limpopo, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap deur landbou-opleiding bemagtig.

Landbouberoepsmoontlikhede by Senwes

Senwes, as ʼn vooraanstaande agri-besigheid streef daarna om as ʼn voorkeur werkgewer in die landbouwaardeketting bekend te staan.

Indien jy meer wil weet oor die verskillende beroepsmoontlikhede besoek www.groupcareers.co.za, of volg die #BestOfBoth hutsmerk op Senwes se sosiale media platforms.

 






Related Articles