Hof gee nog tyd vir kommentaar oor wapenwetgewing

  • 02 July 2021
  • 1216
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Dit volg na ʼn suksesvolle hofaansoek deur die Suid-Afrikaanse wapen-en ammunisiehandelaarsvereniging (Saada) en die Konfederasie van jagverenigings van Suid-Afrika (Chasa). Volgens dié hofuitspraak word ʼn verdere 21 werksdae gegee om die publiek genoeg tyd te gee om op die beplande wysigings te reageer.

So meen SA Jagters

Fred Camphor, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Jagters-en Wildbewaringsvereniging (SA Jagters), verwelkom die hofuitspraak en spreek namens die vereniging sy dank teenoor Saada en Chasa uit.

Volgens hom sal dié suksesvolle hofaansoek tot die voordeel van elke Suid-Afrikaner wees wat glo in die grondwetlike reg om ʼn vuurwapen te besit.

“Ons vernaamste bekommernis is dat die doelstelling van die wysigingswetsontwerp duidelik is om burgers se toegang tot vuurwapens te beperk teenoor die huidige wetgewing wat daarop gemik is om burgers se grondwetlike reg tot lewe en liggaamlike integriteit te versterk,” meen Camphor. Volgens hom verteenwoordig die voorgestelde wysigings ʼn 180 grade-ommeswaai vanaf bemagtigende wetgewing na ontmagtigende wetgewing.

Van die wysigings wat SA Jagters as verontrustend beskou, sluit in:

  • Die verwydering van die reg op vuurwapenbesit vir selfverdediging.
  • ʼn Perk op die aantal vuurwapens en ammunisie wat jagters en sportskuts magbesit.
  • Die uitbreiding en herdefiniëring van ballistiese ontledingspraktyke wat onhaalbaar en onprakties is.
  • ʼn Verandering in bevoegdheidsvereistes vir die besit van vuurwapens.
  • ʼn Verbod op die herlaai van ammunisie deur vuurwapeneienaars vir hul eie gebruik.

Laat jou stem hoor

Lede van die publiek en vuurwapeneienaars wat nog kommentaar op die voorgestelde wysigings wil lewer kan www.sahunters.co.za besoek vir meer inligting.






Related Articles