Gunstige vooruitsigte vir SA kernvrugte

  • 23 December 2020
  • 1065
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Appels

Die verwagting is dat produksie vanjaar, vir die derde agtereenvolgende jaar, sal groei. Dié groei kan toegeskryf word aan nuwe bome wat in produksie kom, goeie groeitoestande, genoegsame water in die verbouingsareas en die bekendstelling van lae-koue variëteite. Gevolglik sal produksie van 18 000 ton tot ʼn rekord van 960 000 ton toeneem. 

ʼn Geskatte 510 000 ton appels is vir die uitvoermark bestem.

Pere

In terme van produksie, sal Suid-Afrika vanjaar ʼn verhoogde oes van 410 000 ton lewer.  Daarbenewens sal die plantoppervlak vir die vierde agtereenvolgende jaar toeneem, in ʼn poging om na die 2015-’16 vlakke, wat voor die droogte gehandhaaf is, terug te keer.

Nuwe boorde vervang uitgediende boorde, terwyl effektiewe watervoorraadbestuur deurlopend toegepas word.

Die uitvoerskatting bly onveranderd op 220 000 ton.






Related Articles