Grondgesondheid belangrik vir almal

  • 23 December 2020
  • 1366
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Dié geleentheid is deur die Verenigde Nasies (VN) se Voedsel-en Landbou-organisasie (VLO) ingestel met die doel om mense bewus te maak van die invloed wat grond op die gesondheid van mens, dier en plant het, terwyl dit ook op die belangrike rol van grond in terme van toekomstige voedselsekuriteit fokus. Sentraal tot dié bewustheid, is gesonde ekostelsels, grondgesondheid en biodiversiteit.

Die belangrikheid van biodiversiteit

Grond huisves ʼn diverse gemeenskap van biologiese lewe wat uit virusse, bakterieë, swamme, alge, protosoë, miete, aalwurms, wurms, miere en ander insekte bestaan. Elk van hierdie organismes speel ʼn belangrike rol in die afbreek van organiese materiaal en die siklisering van makro- en mikrovoedingstowwe.

Hoewel daar verskeie manier bestaan om grondgesondheid te bevorder, is die doelwit om ʼn voordelige habitat vir die bestaan van grondgekoppelde voedselwebbe te skep. Dit kan gedoen word deur onder meer deurdagte grondbewerking toe te pas, om die lewende organismes in grond kwalitatief en kwantitatief te vermeerder (byvoorbeeld deur gewasdiversiteit) en om sorgvuldig – sonder onnodige versteuring, die plantwortelgebied te bestuur. Laasgenoemde verwys na die mikroskopiese lagie wat die finale skeiding tussen die grondmedium en die haarworteloppervlak van die plant vorm. Hierdie gebied is besonder ryk aan voedingstowwe en aktiewe mikro-organismes.

Grondfeite

  • Grond is ʼn lewende omgewing en huisves ongeveer 25% van ons planeet se biodiversiteit.
  • Tot 90% van alle lewende organismes leef, of spandeer ʼn gedeelte van hul lewensiklus, in die grond.
  • Organismes in die grond werk 365/24/7 ten einde lewe op aarde te onderhou.
  • Gesonde grond lewer voedsamer en veilige voedsel.
  • Ongeveer 95% van alle voedsel is direk of indirek afkomstig van grond.
  • Biodiversiteit kan die gevolge van grondbesoedeling help beperk.





Related Articles