Duisende hektaar in brand vernietig

  • 24 May 2021
  • 1804
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Die brand het na bewering ontstaan as gevolg van ʼn elektriese kabel wat weens sterk wind gebreek het.

Dit is die tweede keer in net ʼn jaar dat dié gebied deur brande verwoes word. Meer as ʼn 100 000 hektaar is in Oktober verlede jaar oor vier dae in groot gedeeltes van die Vrystaat en Noord-Kaap, waaronder Dealesville, Boshof, Hertzogville en Hoopstad, deur brande verwoes.

Skadebepaling en onmiddellike behoeftes

ʼn Aanvanklike skadebepaling toon dat ongeveer 7 000 skape sonder weiding gelaat is nadat bykans 30 000 hektaar deur die brand verwoes is, terwyl talle stuks vee en wild ook doodgebrand het. Volgens dr Jack Armour, bedryfsbestuurder van Vrystaat Landbou, sou ʼn deeglike assessering van die skade en verliese oor die naweek gedoen word. Dié bevindinge sal deur die loop van die week met geaffekteerde produsente gekommunikeer word.

“Na gesprekvoering met die onderskeie landbouverenigings, kan ons bevestig dat die grootste behoeftes tans kragvoer vir skape is vir die onderskeie produsente wie al hul weiding verloor het. Aangesien dit lamseisoen is en talle skape gebrand het, moet daar ook vir die lammers spesiale formules voorsien word,” sê Armour. Alle skenkings in die verband sal deur Vrystaat Landbou geadministreer word en die toekenning van voer sal deur die plaaslike landbouverenigings aan geaffekteerde produsente gekoördineer word.

“Die brand het nou met die aankoms van winter plaasgevind wat beteken dat daar ’n lang seisoen voorlê vir velde wat vernietig is,” sê Armour.

Instansies of individue wat ʼn bydrae wil maak kan dit via Vrystaat Landbou se rampfonds doen, die besonderhede is as volg:

Vrystaat Landbou
ABSA
Rekeningnommer: 470940670
Takkode: 632005
Verwysing: RAMP en jou kontaknommer

Diegene wat direk aan die betrokke brandvereniging wil skenk, kan dit via die Dealesville brandbeskermingsvereniging doen, die besonderhede is as volg:

FNB
Rekeningnommer: 62034338435
Takkode: 241038
Verwysing: Mei brand en jou kontaknommer.






Related Articles