Dubbelsyfergroei vir SA vrugtebedryf gedurende 2020

  • 29 January 2021
  • 1486
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



ʼn Onlangse markverslag deur die maatskappy toon dat appel- en peerverkope aan die einde van 2020 dubbelsyfergroei aangeteken het, en dat die bedryf opgewonde is om op dié gunstige toestande voort te bou. “Die Suid-Afrikaanse landbousektor het hom goed van sy taak gekwyt gedurende 2020, en daarom pak ons uitdagings soos onsekere marktoestande, die impak van Brexit, uitvoertariewe en die wisselvalligheid van die rand teenoor die internasionale geldeenhede met oortuiging en doelgerigtheid aan,” sê Roelf Pienaar, die besturende direkteur van Tru-Cape Fruit Marketing.

Volgens Pienaar het die maatskappy gedurende 2020 rekordwinste aangeteken. Dié winste kan toegeskryf word aan die beskikbaarheid van hoër volumes vrugte sowel as hoër uitvoerpryse. Groei is gevolglik aangeteken in verskeie lande in Afrika, Europa, Rusland en die Verenigde Koninkryk. Ander markte wat, op ʼn jaargrondslag, verbeter het sluit in die Midde-Ooste en Suidoos-Asië. In terme van nasionale verkope kon die maatskappy, deur vinnige en gefokusde inisiatiewe, die impak van die koronaviruspandemie suksesvol bestuur.

“Ons is opgewonde oor die vooruitsig van die nuwe jaar, en danksy die lesse wat ons in 2020 geleer het, is ons en die vrugtebedryf daartoe verbind om uitdagings op ʼn konstruktiewe wyse aan te pak ten einde selfs groter waardetoevoeging te verseker, “ sê Pienaar.






Related Articles