Die langtermyn impak van brande op lewendehaweboerdery

  • 04 November 2020
  • 1704
  •  senwes
  •  
  •  nuus



Die huidige realiteit

Volgens dr Lombaard gaan geaffekteerde produsente waarskynlik nog steeds gebuk onder die gevolge van die 2015/16 droogte en bevind hul hulself daarom nou selfs in ʼn meer benarde posisie.

Hy verduidelik dat produsente hulself tans in ʼn moeilike tyd van die jaar bevind omdat groen weiding nog nie redelik beskikbaar is nie, beskikbare surplusse reeds elders aangewend word en dat baie veeboere se koeie tans kalf. Droë weiding alleen is gevolglik nie voldoende nie, veral nie vir die bykomende voedingsbehoeftes van koeie om hul kalwers te versorg nie en daarom word daar gebruik gemaak van produksielekke of byvoeding totdat weiding beskikbaar is.

Hierdie realiteit beteken dat boere wat deur die brande benadeel is, nie net ‘normale’ tekorte moet aanvul nie, maar ook bykomende voer moet bekom om die gaping wat die afgebrande weiding tot gevolg het, te vul. As koeie met kalwers nou hul goeie kondisie verloor, sal die diere se kans om herkonsepsie ook daal, wat minder kalwers vir die volgende seisoen tot gevolg sal hê.

Die rimpel-effek van verlies

Volgens dr Lombaard kan die direkte kostes verbonde aan die verliese van diere wat doodgebrand het, bereken word deur die markwaarde (of slagwaarde) te gebruik. Hierdie benadering kan egter lei tot ʼn oorwaardasie omdat diere nie altyd markgereed is nie, maar dit kan terselfdertyd ook tot onderwaardering aanleiding gee omdat die toekomspotensiaal van die diere nie in ag geneem word nie.

Om die werklike waarde van die verliese vas te stel, meen dr Lombaard dat daar na die indirekte kostes gekyk moet word. Moontlike indirekte kostes wat oorweeg kan word, sluit in byvoorbeeld die toekomstige potensiaal wat die diere tot die kudde kon bydra. Dit beteken dat geaffekteerde produsente nie net ʼn gedeelte van hul bestaande “fabriek” op die plaas verloor het nie, maar ook reeds ʼn deel van volgende seisoen se uitsette, in terme van kalwers en lammers. In sommige gevalle is groot gedeeltes van die produsente se vervangingsverse en ooie ook uitgewis.

Verder verduidelik dr Lombaard dat die verlore diere reeds aangepas was by die omgewing en sou hulle beter gevaar het as wat die geval sou wees as nuwe vee tot die omgewing bekendgestel sou word.

Ander indirekte kostes wat in gedagte gehou moet word sluit in die arbeid- en insetkostes wat reeds aan vee bestee is. Daarbenewens moet die moontlike laer produklewering van die oorblywende kudde ook in ag geneem word.

Dit is daarom, volgens dr Lombaard, duidelik dat die volle impak van die verwoestende brande nog vir die voorsienbare toekoms ʼn impak op boerderyaktiwiteite sal hê.

* Dié meningstuk het op die aanlyn platform, BizCommunity verskyn.






Related Articles