Byvoeging tot veevoer help om metaangas te beperk

  • 13 October 2021
  • 452
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



In die lig hiervan en die globale veldtog teen kweekhuisgasse het ʼn Nederlandse maatskappy, Royal DSM, ʼn produk ontwikkel wat by die veevoer van vleisbeeste, melkkoeie, skape en bokke gevoeg kan word om die vrystelling van metaangas te verminder.

Volgens Royal DSM help die produk, Bovaer, om klimaatsverandering teen te werk en is dit ontwikkel na intensiewe samewerking tussen wetenskaplikes en vennote wêreldwyd. Die maatskappy verwys na dié produkontwikkeling as “Projek Skoon Koei” en noem dat dit meer as tien jaar geduur het om die produk saam te stel. Navorsers van 13 lande op vier vastelande het voorts aan die ontwikkelingsproses deelgeneem.

Dié produk is na bewering so doeltreffend dat Brasilië, die wêreld se grootste uitvoerder van beesvleis, daarin belê en die owerhede daar toestemming gegee het dat dit in die land verkoop mag word. Chili het ook die produk se verkope goedgekeur.

So word die produk gebruik

Volgens Royal DSM is slegs ʼn kwart teelepel Bovaer per dag per dier genoeg om die vrystelling van metaangas deurlopend met ongeveer 30% vir melkkoeie, en selfs tot 90% vir vleisbeeste, te verminder.

Die produk onderdruk die opbouing van metaangas in diere se mae wanneer hulle vreet en breek die metaangas verder af voordat die res in die atmosfeer vrygestel word. 





Related Articles