Britse kleinhandelaars ondersteun SA steenvrugbedryf

  • 09 March 2021
  • 874
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



In die lig hiervan sal die 2021 internasionale bemarkingsveldtog hoofsaaklik daarop gemik wees om kopers bewus te maak van die voordele verbonde aan varsprodukte veral gegewe die wêreldwye Covid-19-pandemie.

Bemarking in die kuberruim

Bemarkingsinisiatiewe sluit gevolglik die voortgesette promovering van Suid-Afrikaanse steenvrugte op Britse kruidenierswebwerwe in en Hortgro hoop dat hierdie verhoogde aanlynblootstelling verkope tot en met die einde van die plaaslike seisoen in Mei 2021 sal stimuleer. Ter ondersteuning van dié digitaleveldtog word aanlynondersteuning verder aan internasionale kleinhandelaars gebied in die vorm van seisoenale promosies wat onder meer fokus op die Suid-Afrikaanse pruime-, perske- en nektarienvariëteite. Promosiemateriaal sluit advertensies en inligtingsbrosjures wat die gesondheidsvoordele van die vrugte beskryf in, asook ʼn verskeidenheid tradisionele resepte.

ʼn Tradisionele benadering

Op ʼn meer tradisionele noot sal die bemarkingsveldtog ook verskeie in-winkel aktiwiteit insluit, soos onder meer beskrywende etikette op verpakkings en inligtingspamflette. Die fokus sal wees op die waarde van Suid-Afrikaanse steenvrugte as ʼn gesonder versnapering vir oud én jonk.

Tydens hierdie aktiwiteite sal daar ook klem gelê word op die vestiging van Suid-Afrikaanse handelsmerke.

Europa as uitvoer mekka vir Suid-Afrikaanse steenvrugte

Volgens Andre Smit, voorsitter van Hortgro Steenvrugte, word 41% van Suid-Afrikaanse steenvrugte na Europa uitgevoer.

Alhoewel streng uitvoerprotokolle in die lig van die koronaviruspandemie verskeie uitdagings bied, meen Smit dat plaaslike produsente veerkragtig is en daarom voortgaan om vrugte van ʼn uiters hoë gehalte te lewer.

Gegewe die huidige marktendense, is die kanse goed dat uitvoere van nektariens teen die einde van die 2021-seisoen met soveel as 16% kan toeneem, perskes met 12% en pruime met 40% in vergeleke met die vorige seisoen. Dié toenames word hoofsaaklik toegeskryf aan verhoogde produksievolumes as gevolg van jong boorde wat in produksie kom asook gunstige weerstoestande. 





Related Articles