Aartappelbedryf normaliseer na verslapping van inperking

  • 29 September 2020
  • 1358
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Dit is aldus die weeklikse verslag van Absa Agribusiness oor markneigings vir vars produkte. Volgens dié verslag kan produsente aanvanklik laer pryse verwag weens die volume wat nou op die mark kom, maar op ʼn jaargrondslag is markpryse sowat 55% hoër. Abrie Rautenbach, hoof van Absa Agribusiness, verduidelik dat produsentpryse tydens die streng inperkingstydperk tot onder gelykbreekpunt gedaal het, en dat voorraadvlakke opgebou het.

Volgens André Jooste, uitvoerende hoof van Aartappels Suid-Afrika, begin die mark normaliseer, maar dit kan lank neem om weer die vlakke van voor Covid-19 te bereik. Hy skryf dit hoofsaaklik daaraan toe dat verbruikers versigtig is om in groot getalle restaurante te besoek en inkomstes wat steeds onder druk verkeer. Aartappels bly egter steeds ʼn gewilde groentesoort onder verbruikers.

Die nasionale landboubemarkingsraad meen syfers van Statistieke Suid-Afrika (SSA) en die Buro vir Voedsel-en-landboubeleid (BFAP) dui daarop dat vars aartappels verbruikers in Julie R14,47/kg gekos het. Dit verteenwoordig ʼn prystoename van 17,9% teenoor dieselfde tydperk in 2019.





Related Articles