Aardklop se program word eersdaags bekendgestel

  • 20 July 2018
  • 3828
  •  Sponsored
  •  
  •  press-release



"Ons beloof om te bewys waarom ons Suid-Afrika se gewildste kunstefees is," sê Alexa Strachan, Aardklop se feesbestuurder. 

Die fees, wat vanjaar van 2-7 Oktober in Potchefstroom gehou word, bied soos gewoonlik iets vir almal. Daar is musiek, drama, komedie, gesprekke, boekgesprekke, visuele kuns en ’n feesterrein met meer as 450 stalletjies op vanjaar se spyskaart.

Die feesbestuur dis oudergewoonte ’n verrassing of twee ook op. “Ons gaan nie nou te veel geheime verklap nie, maar daar is beslis ’n nuutjie of twee om na uit te sien”, sê Strachan. “Ons hou ons ore op die grond en luister graag na feesgangers se voorstelle. Die feesprogram is ’n resultaat hiervan.”

Produksiekaartjies is vanjaar by Ticketpro beskikbaar.
Kaartjieverkope maak 23 Julie nasionaal oop en kan by uitgesoekte winkels van Spar, Edgars, CNA en Jet gekoop word. Die feesprogram sal reeds vanaf 19 Julie op Aardklop se webblad beskikbaar wees.  

Aardklop begin op 1 Oktober met die immergewilde Kunssafari. Die feesterrein open en produksies skop op 2 Oktober af. Die fees sluit op 7 Oktober af met die Aardklop Langtafel in Lover’s Lane en die tradisionele klassieke musiekkonsert in die Ouditorium.

Feesterreinkaartjies is teen die sakpasprys van net R30 per persoon te koop.  Weekskaartjies teen R75, kinders onder 12 het gratis toegang tot die terrein. Kaartjies is te koop by die feeskantoor, Molenstraat 69, Potchefstroom. 

Vir meer inligting loer op ons Facebookblad of kontak die kantoor by 087 527 0023.

Die feesspan hou jou stoel warm. Ons nooi jou uit: kom fees jóú plek vol by Suid-Afrika se gewildste fees!

LAAI DIE FEESGIDS AF  |  





Related Articles