Wat is eScenario?

Dit is ‘n elektroniese nuusbrief wat inligting weergee oor aktuele bedryfsake in Senwes en die landbou-omgewing.

In die Julie-uitgawe

Featured Article

Senwes finansiële resultate nadelig beïnvloed deur droogte

'n Afname van 17,3% in omset (R11,4 miljard) en 18,2% in wins na belasting (R251 miljoen) word in die Senwes Groep se finansiële resultate van 30 April 2014 gereflekteer. Dié afname is in vergeleke met die vorige jaar en word hoofsaaklik aan 'n vermindering in besigheidsaktiwiteite ná twee opeenvolgende droogteseisoene toegeskryf.

Article 2

Nasie sit gesprekke voort

Sedert NAMPO 2014 het menige kundige en kenner op verskeie gebiede hul insigte en menings oor aktuele landbousake gedeel via die Senwes-inisiatief, Nasie in Gesprek. Aanbieder van dié gespreksforum, die bekroonde ekonoom Theo Vorster, is van mening dat die kwaliteit van onderwerpe en gaste 'n vlak van debat tot gevolg het wat die landbousektor toegang tot opinies gee wat nie normaalweg bekom sou word nie.

Lees Meer
Article 2

Jongboere is wêreldklaskennis te wagte

'n Kenner wat in agri-besigheidsbestuur en internasionale landelike ontwikkeling spesialiseer, gaan as gasspreker optree tydens die elfde Senwes Jongboer Toekomsfokusdag, wat vir 11 September vanjaar geskeduleer is.

Lees Meer
Article 2

Merk dié prestige-aand op jou kalender

'n Prestige-sportaand word vir 8 Oktober 2014 by die Saint George Hotel and Convention Centre in Pretoria beplan. Hierdie opwindende geleentheid word deur Senwes aangebied in samewerking met AFGRI, NWK en OFM.

Lees Meer
Article 3

Grainlink-klante praat uit

By Senwes is gelukkige klante ons passie. In 'n poging om 'n eenstopdiens te lewer en goeie verhoudings te bou, stap die Maatskappy gereeld die ekstra myl om homself te verbeter.

Lees Meer
Article 4

Verhandelingspryse hoër as in Maart, April

In die tydperk van 1 tot 31 Mei 2014 het Senwes-aandele op vlakke van tussen R10,25 en R10,75 verhandel, met 'n gemiddelde prys van R10,49 per aandeel wat gerealiseer het.

Lees Meer
Article 5

Dierevoeding aan die voorpunt

Aangesien die winter dikwels sy tol op vee se kondisie eis, bevat die Junie-uitgawe van Senwes Scenario genoeg inligting om veeprodusente met nuwe waagmoed die winter in te stuur.

Lees Meer


eScenario is 'n elektroniese nuusbrief wat deur Senwes Korporatiewe Bemarking geskep word, tweemaandeliks per e-pos versprei word en is ook beskikbaar op die Senwes webtuiste.


Redaksie

Redakteur: Johan Le Grange 018 464 7521 / 076 142 4640 / jj.legrange@senwes.co.za

Hoofredakteur: Marlon Abrahams 018 464 7349 / 076 412 9717 / marlon.abrahams@senwes.co.za

 



Facebook   Twitter   YouTube  



 




SENWES BEPERK Registrasienommer: 1997 / 005336 / 06
1 Charel de Klerk Straat, Klerksdorp --- Posbus 31, Klerksdorp, 2570
Tel: +27 18 464-7800 | Faks: +27 18 462-4873 | Tolvry: 080 941 4011 | info@senwes.co.za

Kredietverskaffer - Ref number: NCRCP 2402

Enige vrae of kommentaar aangaande die webtuiste kan gerig word aan webmaster@senwes.co.za