Droogtehulp

Verskeie projekte is op die been gebring om bystand en hulp te bied aan boere en klante in hierdie droogtetyd. 

Senwes & Agri SA Droogterampfonds

Senwes het eerste 'n droogteramfonds gestig waar individue en instansies die geleentheid het om skenkings te maak wat via die relevante AgriSA-geaffilieerde verenigings in die bepaalde gebiede versprei word.
 
Skenkings kan op die DroogteRampFonds webwerf www.droogterampfonds.co.za gemaak word.
 











Hinterland Droogtehulpbystand

Hinterland staan Droogtegeteisterde produsente met R4m in Gesubsidieerde Produkte by. Hinterland, een van die land se leiers in Agri-handel, het ‘n R4m subsidie pakket bekend gestel om die produsente en die plaasgemeenskappe by te staan terwyl die ergste droogte sedert die 1980’s ervaar word.

Besoek Hinterland se webwerf

Grainlink

Voerskenkings

Senwes Grainlink Voerskenkings

Senwes bied ook nou diegene wat hulself in meer gunstige omstandighede bevind, die geleentheid om voer te skenk vir areas waar die behoefte ontsettend groot is. Senwes Grainlink en TradeVantage skep die platform waar skenkings gemaak kan word. Hulle hanteer ook die logistieke reëlings terwyl die voer in samewerking met die relevante Agri SA-geaffilieerde verenigings, verdeel en versprei word in die behoeftige areas.

Besoek die DroogteRampFonds webwerf en skenk voer. 





Senwes Credit 

Pieter Swart (Uitvoerende Hoof, Senwes Credit) herinner boere om na Senwes te draai vir weldeurdagte finansiële of tegniese advies rakende die optimalisering van boerderybestuurspraktyke alvorens daar besluit word om in die huidige omstandighede te plant.




Senwes Lanboudienste

   

Senwes Landboudienste Droogte-advies vir produsente

 
   
   

Senwes Landboudienste Voeding wenke vir veeboere

Johan du Toit (Bestuurder: Senwes Landboudienste) doen 'n beroep op produsente om van hul advies gebruik te maak.















Nasie in Gesprek oor die DroogteRampFonds

Francois Strydom (Groep Hoof Uitvoerende Beampte, Senwes) gee Senwes se siening rakende die huidige droogte-toestande. Hy gee oor meer inligting oor die DroogteRampFonds wat in samewerking met Agri SA gestig is vir boere in nood.





Francois Strydom, Besturende Direkteur van Senwes, gesels op eNuus oor die DroogteRampFonds





Heinz Winckler ondersteun die DroogteRampFonds 




Facebook   Twitter   YouTube  



SENWES BEPERK Registrasienommer: 1997 / 005336 / 06
1 Charel de Klerk Straat, Klerksdorp --- Posbus 31, Klerksdorp, 2570
Tel: +27 18 464-7800 | Faks: +27 18 462-4873 | Tolvry: 080 941 4011 | E-mail: info@senwes.co.za
Kredietverskaffer - Ref number: NCRCP 2402
Enige vrae of kommentaar aangaande die webtuiste
kan gerig word aan webmaster@senwes.co.za