Die gebruik van die Senwes webtuiste of webblad (hierna verwys as "hierdie
webblad"of "die webblad") is onderworpe aan die gebruiksterme en
voorwaardes soos hieronder uiteengesit. Dit is belangrik dat die leser
die terme en voorwaardes van toepassing op die Senwes webtuiste moet
lees en begryp.
AANVAARDING
Hierdie terme en voorwaardes tree in werking sodra die gebruiker vir die
eerste keer toegang tot die webblad verkry en is 'n bindende ooreenkoms
tussen Senwes Beperk, registrasie nr 1997/005336/06 en die gebruiker.
INLIGTING OP HIERDIE WEBTUISTE
Alle inligting op hierdie webblad is bedoel om die gebruiker met
algemene inligting omtrent Senwes se produkte en dienste te voorsien.
Alle inligting met betrekking tot die produkte en dienste,
insluitend inligting met betrekking tot die terme en voorwaardes,
rentekoerse of enige ander sake, is onderhewig aan verandering
sonder kennisgewing.
Die webtuiste en alle inligting hierin vervat asook die dienste
wat verskaf word op hierdie webblad, word voetstoots voorsien. Die
inligting voorsien op hierdie webblad moet nie geag word as
professionele advies van enige aard nie en word geen waarborge
daaromtrent verskaf nie.
AANLYNDIENSTE
Senwes se aanlynprodukte en dienste ("aanlyndienste") is
onderworpe aan registrasie en goedkeuring wat Senwes kan aanvaar of
verwerp volgens Senwes se uitsluitlike diskresie.
In die geval van konflik tussen hierdie terme en voorwaardes en
die terme en voorwaardes van die ooreenkoms tussen die individuele
kliënt en Senwes, sal die bepalings van die individuele ooreenkoms
van toepassing wees.
DERDE PARTY INLIGTING
Senwes mag die dienste van enige ander derde partye gebruik om
inligting op hierdie webtuiste te verskaf. Senwes het geen beheer
oor die derde party inligting nie en verskaf geen waarborge van
enige aard met betrekking tot die akkuraatheid of toepaslikheid
daarvan nie. Senwes sal nie direk of indirek verantwoordelik wees
vir enige skade, van welke aard ookal, wat mag voortspruit uit die
gebruiker se gebruik van sodanige inligting nie.
PRIVAATHEID
Senwes se verbintenis tot kliënte se privaatheid en sekuriteit
word uiteengesit in Senwes se beleid oor die
Beskerming van Privaatheid.
WYSIGINGS TOT HIERDIE VOORWAARDES
Senwes mag hierdie voorwaardes van tyd tot tyd wysig sonder
kennisgewing aan die gebruiker. Deur toegang te verkry tot hierdie
webblad, is gebruikers verbonde aan die weergawe van die terme en
voorwaardes gepubliseer ten tye van enige besoek aan hierdie webblad.
Die gebruiker onderneem om die huidige weergawe elke keer te
bestudeer wanneer hierdie webblad besoek word.
Die huidige weergawe van hierdie voorwaardes sal die onderskeie
regte en verpligtinge van Senwes en die gebruiker bepaal, elke keer
wanneer toegang tot hierdie webblad verkry word.
GEKOPPELDE DERDE PARTY WEBBLAAIE
Hierdie webblad mag sekere beelde en koppelings aan ander derde
party webblaaie ("gekoppelde webblaaie") bevat, met inligting en
materiaal geproduseer deur ander partye. Die gekoppelde webblaaie is
nie onder beheer van Senwes nie en Senwes is nie verantwoordelik vir
die inhoud van enige gekoppelde webblad nie, insluitend sonder
beperking enige koppeling vervat in 'n gekoppelde webblad, of enige
veranderinge of opdatering van 'n gekoppelde webblad.
Senwes is nie verantwoordelik vir enige vorm van transmissie
vanaf gekoppelde webblaaie nie en is ook nie verantwoordelik
daarvoor as die gekoppelde webblad nie behoorlik funksioneer nie.
Senwes verskaf hierdie koppelings slegs vir u gerief en die
insluiting van enige koppelings impliseer nie dat Senwes hierdie
webblad, hul besigheid of sekerheidspraktyke of enige koppeling met
sodanige webblad se operateurs, onderskryf nie.
INTELLEKTUELE GOEDEREREGTE
Kopiereg is van toepassing op hierdie webblad en enige ander
intellektuele eiendom, insluitend logo's en enige grafiese en
multimedia werke wat aan Senwes behoort.
Die gebruiker is gemagtig om een kopie af te laai op 'n lokale
hardeskyf, dit te druk en kopieë of sodanige uitdrukke daarvan te
maak, op die volgende voorwaardes:
Dat die materiaal gebruik word vir aanlyndienste en vir geen
ander kommersiële doeleindes nie.
Dat enige reproduksie van die materiaal wat verkry is vanaf
die webblad of enige gedeelte daarvan, Senwes se kopiereg
kennisgewing in geheel moet vervat.
Die logo's en handelsmerke wat op hierdie webblad verskyn,
is Senwes se geregistreerde en onregistreerde handelsmerke en
nie dié van derde partye nie.
Dit moet nie aanvaar word dat enigiets op hierdie webblad
aandui dat 'n lisensie of reg toegeken word dat enige
handelsmerk sonder Senwes se voorafverkreë skriftelike
toestemming en/of toestemming van enige derdepartye, gebruik kan
word nie. Die gebruiker mag nie enige van Senwes se
intellektuele eiendom of eiendom van derde partye vir enige
doeleindes gebruik sonder die voorafverkreë skriftelike
toestemming van Senwes of die derde party nie.
STUUR VAN INLIGTING
Inligting gestuur deur 'n onversekerde koppeling oor die
Internet, insluitend E-pos, is onderworpe aan potensiële onregmatige
toegang of monitering. Senwes het sekere stappe geneem om die
risiko's in die verband te beperk. Die maatreëls is uiteengesit in
Senwes se beleid oor die Beskerming van Privaatheid.
Die gebruiker aanvaar dat Senwes nie aanspreeklik gehou kan word
vir enige verlies of skade gely deur die gebruiker as gevolg van
enige onwettige aktiwiteite deur enige ander persone nie, aangesien
Senwes nie sodanige optrede kan voorkom nie. Senwes mag onafhanklike
verifiëring van enige inligting deur die gebruiker gestuur via die
webtuiste of E-pos, laat verifieer van tyd tot tyd ten einde
sodanige risiko's te beperk.
WAARBORGE EN VOORSTELLINGS
Al die inligting wat op hierdie webtuiste verskyn, word voorsien
sonder 'n voorstelling of waarborg van enige aard, uitdruklik of
geïmpliseer, en Senwes doen afstand van enige aanspreeklikheid
teenoor die gebruiker in die verband.
Senwes maak geen voorstellings of waarborge met betrekking tot
die akkuraatheid, funksionaliteit, toepaslikheid vir gebruik of
aantasting van regte met betrekking tot hierdie webtuiste nie en
doen afstand van enige aanspreeklikheid in hierdie verband.
Senwes verskaf geen waarborg dat die webblad of aanlyndienste
foutvry is nie.
AFSTANDDOENING EN BEPERKING VAN AANSPREEKLIKHEID
Senwes het sover moontlik redelike stappe geneem met betrekking
tot die akkuraatheid en volledigheid van die inhoud wat op hierdie
webtuiste verskyn, ten einde te verseker dat die gebruiker nie enige
verlies of skade ly as gevolg van die gebruik van hierdie webblad
nie.
Gebruik van hierdie webblad en die aanlyndienste is geheel en al
op die gebruiker se risiko. Die gebruiker aanvaar volle
verantwoordelikheid vir die risiko van skade en/ofverlies
voortspruitend uit die gebruik van hierdie webblad en die gebruiker
se vertroue op die inligting daarin vervat.
Onder geen omstandighede sal Senwes aanspreeklik wees vir enige
skade, verlies, direk of indirek, spesiaal, toevallig of gevolglik
nie, weens die gebruik van die webblad deur die gebruiker en die
aanlyndienste of die inligting vervat op hierdie webblad, of die
gebruiker se onvermoë om hierdie webblad of die aanlyndienste te
gebruik nie, ongeag of sodanige skade of verlies voortspruit uit 'n
kontrak, of onregmatige daad of andersins en ongeag of Senwes
uitdruklik ingelig is oor die moontlikheid van sodanige verlies of
skade.
Sonder om afbreuk te doen aan die algemeenheid van bostaande, en
tot die mate wat wetlik toelaatbaar is, sal Senwes nie aanspreeklik
gehou word vir die volgende nie:
Enige onderbreking, abnormale werking, aftyd, aflynsituasie of
enige ander gebrek op die webblad of aanlyndienste, Senwes se
stelsel, databasisse of enige ander komponente wat buite Senwes se
redelike beheer val;
Enige verlies of skade met betrekking tot die gebruikersdata of
enige ander data, direk of indirek veroorsaak deur faling van Senwes
se stelsels, derde party stelsels, kragonderbrekings, onwettige
toegang tot of diefstal van data, rekenaarvirusse of vernietigende
kodes op Senwes se stelsel of enige ander derde party stelsel, of
programmeringsdefekte;
Enige onderbreking, abnormale werking, aftyd of enige ander
faling van goedere of dienste voorsien deur derdepartye, insluitend,
sonder beperking, derde party stelsels soos die publieke
telekommunikasie diensverskaffers, Internet diensverskaffers,
elektrisiteitsvoorsieners, plaaslike owerhede en gesertifiseerde
owerhede, of enige ander insident waaroor Senwes geen beheer het
nie.
HOEDANIGHEID OM OOREENKOMSTE AAN TE GAAN
Die gebruiker waarborg hiermee aan Senwes dat hy oor die nodige
regsbevoegdheid beskik om ooreenkomste aan te gaan en gebind te wees
deur sodanige ooreenkomste, terme en voorwaardes.
Minderjariges moet bygestaan word deur wettige voogde wanneer
hierdie terme en voorwaardes bestudeer word.
GEBRUIKER SE AANSPREEKLIKHEID TEENOOR SENWES
Die gebruiker sal aanspreeklik wees teenoor Senwes vir enige
laste, verliese of koste aangegaan deur Senwes as gevolg van enige
nie-nakoming deur die gebruiker van enige terme en voorwaardes.
BEëINDIGING, OPSKORTING EN BEPERKING
Senwes mag:
Beperkings en limiete stel op die reg van sekere dienste,
kenmerke of funksies op hierdie webblad;
Toegang tot gedeeltes of alle dienste op hierdie webblad, beperk;
en
Hierdie webblad wysig, opskort of beëindig, tydelik of
permanent, sonder kennisgewing.
SENWES SE ADRES
Senwes se adres vir enige regskennisgewings is:
Die Groepsekretaris
Senwes Beperk
Charl de Klerkstraat 1
Posbus 31
KLERKSDORP
2570
Kontaknommer: (018) 4647104.
TOEPASLIKE WETGEWING EN JURISDIKSIE
Die terme en voorwaardes van toepassing op enige produkte en
dienste wat op hierdie webtuiste verskyn, sal beheer en
geïnterpreteer word in ooreenstemming met die wetgewing van die
Republiek van Suid-Afrika en enige versoek om produkte of dienste
aangebied op hierdie webblad of bladsye sal die gebruiker se
toestemming en onderwerping aan die jurisdiksie van die
Suid-Afrikaanse howe aandui met betrekking tot alle verrigtinge,
transaksies, aansoeke ensomeer ingestel deur enige party teen 'n
ander, voortspruitend uit enige terme en voorwaardes van toepassing
op hierdie webblad of sodanige produkte of dienste.
ALGEMENE BEPALINGS
Die opskrifte van die klousules in hierdie voorwaardes word
voorsien vir gerieflikheidsdoeleindes en maklike verwysing alleenlik
en sal nie gebruik word om enige van die terme en voorwaardes te
interpreteer, te wysig of te beklemtoon nie.
Geen versuim deur Senwes om enige van die regte van Senwes uit
te oefen, sal beskou word as 'n afstanddoening van enige reg nie,
uitdruklik of geïmpliseer, en dit sal ook nie die regsgeldigheid van
enige van hierdie terme en voorwaardes affekteer of Senwes se reg
beïnvloed om enige aksie teen die gebruiker in te stel nie.
Indien enige van hierdie terme of voorwaardes ongeldig, onwettig
of onafdwingbaar bevind word, sal sodanige term of voorwaarde
skeibaar wees van die oorblywende terme en voorwaardes soos hierin
vervat, en sal die oorblywende terme en voorwaardes steeds geldig
wees.