Senwes Beperk, registrasienommer 1997/005336/06 (Senwes) en sy
werknemers is verbind daartoe om u privaatheid sowel as u bates te
beskerm.
Senwes besef sy verpligting om vertroulikheid van u persoonlike,
besigheids- en finansiële inligting te beskerm en te respekteer. Kliënte
privaatheid is 'n belangrike aspek, beide vir u en Senwes. Dit is waarom
Senwes die Senwes beleid oor die beskerming van privaatheid ontwikkel
het, wat die gedrag van Senwes werknemers en verskaffers voorskryf met
betrekking tot die akkuraatheid en sekuriteit van al u inligting. Ten
einde meer te leer oor die beleide en praktyke van Senwes, lees
asseblief die volgende:
Beskerming van kliënte-inligting
* Die tipe inligting wat versamel word en hoe ons u inligting
beskerm.
Beskikbaarstelling van kliënte-inligting -
Verantwoordelikheid
* Hoe en waarom inligting gedeel of blootgelê word.
Bewaring van persoonlike inligting
* Privaatheid en sekerheidstellings met betrekking tot spesifieke
aanlyn dienste.
Aanlyn privaatheid
* Hoe en waarom inligting gedeel of blootgelê word.
E-pos:
* Kommunikasie vanaf hierdie webblad.
Derde partye
Senwes se private riglyne
* Die verpligtinge van ons werknemers en verskaffers.
U verpligting
* Hoe kan u ons help om te verseker dat u privaatheid beskerm word.
Reg om hierdie privaatheid en sekerheidstelling te wysig
Indien ons enige wysigings sou maak tot ons beleid oor die beskerming
van privaatheid, sal die wysigings op hierdie bladsy gepubliseer word
sodat u altyd bewus is van watter inligting versamel word en hoe dit
gebruik word. Let asseblief daarop dat aangesien ons nie inligting op
ander Internet webblaaie kan beheer nie, ons nie verantwoordelik is vir
die inhoud van webblaaie wat gekoppel is aan www.senwes.co.za nie.
Aanvaarding
Hierdie terme en voorwaardes word effektief sodra die gebruiker
die eerste maal toegang verkry tot hierdie webtuiste en sal 'n
bindende ooreenkoms met Senwes Beperk, registrasienommer
1997/005336/06 (Senwes) daarstel.
Beskerming van kliënte-inligting
Wat is kliënte-inligting?
Kliënte-inligting verwys na die inligting wat betrekking het op 'n
kliënt, ongeag of die kliënt 'n individu of 'n besigheid is. Die
inligting sluit besonderhede in soos naam, ouderdom,
identiteitsnommer, bates, laste, inkomste, betalingsrekords en
kliëntnommer.
Waarom versamel Senwes kliënte-inligting?
Senwes gebruik hierdie inligting ten einde u rekening te diens,
besonderhede van ander dienste en produkte tot u aandag te bring,
wat u mag bevoordeel en om meer te leer van finansiële dienste
waarin u sou belangstel. Hoe meer ons weet, hoe beter diens kan ons
lewer.
Hoe bewaar Senwes u inligting?
Die bewaring van u finansiële inligting is een van ons belangrikste
verantwoordelikhede. Ons privaatheidskode bepaal die gedrag van
werknemers en verskaffers met betrekking tot akkuraatheid,
vertroulikheid en sekerheid van alle kliënte se inligting.
Inligting beskermingsriglyne:
Senwes sal nie inligting versamel sonder u voorafverkreë
toestemming nie.
Die keuse om finansiële inligting aan Senwes te verskaf, is
altyd u eie.
In finansiële transaksies, kan die weerhouding van sekere
inligting die dienste wat Senwes in staat is om te verskaf,
beperk.
Toestemming om inligting te versamel kan uitdruklik wees (byvoorbeeld
deur 'n ooreenkoms te teken), of geïmpliseer (byvoorbeeld indien
u die geleentheid sou kry om uit te tree uit 'n spesifieke wyse
van inligtingsdeling, maar verkies om dit nie te doen nie,
impliseer u dat u verkies om die inligting met Senwes te deel).
Die tipe inligting wat u versoek sal word om te voorsien,
sal wissel volgens die diens of dienste wat u benodig.
Die meeste van die inligting wat Senwes verkry met
betrekking tot sy kliënte, word op 'n databasis bewaar wat
ingeboude veiligheidseienskappe het ten einde die privaatheid en
vertroulikheid van sodanige inligting te verseker.
Behalwe soos uiteengesit in die deel van kliënte-inligting,
sal Senwes nooit enige kliënte-inligting verkoop of andersins
beskikbaar stel aan enige ander organisasie of partye nie,
insluitend ander maatskappye in die Senwes Groep, behalwe in
uitsonderlike gevalle soos uiteengesit in die deel van kliënte
inligting.
Dit word van 'n werknemer vereis om die
privaatheidstandaarde van Senwes te onderskryf by
diensaanvaarding.
Beskikbaarstelling van kliënte-inligting - Verantwoordelikheid
Die enigste gevalle waarin Senwes toegelaat te word om kliënte-inligting te openbaar, is die volgende:
Deur u gemagtig
Senwes bestaan uit 'n aantal verskillende afdelings. Deur
inligting met betrekking tot u rekening aan die verskillende
afdelings te voorsien, kan ons u meer effektief bedien. Ander
maatskappye kontak Senwes op 'n roetinebasis met betrekking tot
krediet- en finansiële inligting van ons kliënte. Senwes sal
egter slegs u persoonlike inligting beskikbaar stel indien u die
nodige toestemming verleen het.
Wetlike vereistes
Dit verwys dikwels na die owerheid se
belastingrapporteringsvereistes. Ons sal egter in alle gevalle,
soos deur die wet vereis, slegs inligting voorsien wat spesifiek
versoek word.
Noodsaaklikheid om Senwes se belange te beskerm
Bogenoemde sal nie gebruik word as rede vir die openbaarmaking
van inligting met betrekking tot u of u rekeninge (insluitend u
naam en adres) aan enige ander persoon, vir bemarkingsdoeleindes
nie, insluitend ander maatskappye in ons groep. Dit is egter so
dat basiese prosedures wat Senwes se belange beskerm, soms lei
tot die openbaarmaking van spesifieke kliënte-inligting aan
derde partye. Die terugstuur van 'n tjek weens onvoldoende
fondse is 'n voorbeeld hiervan.
In publieke belang
Senwes word soms versoek om kliënte-inligting te verskaf vir
doeleindes van publieke belang, byvoorbeeld om bystand te
verleen in die voorkoming van misdaad. Voordat aan hierdie
versoeke voldoen word, neem Senwes elke moontlike voorkomende
maatreël ten einde te verseker dat die owerhede betrokke wetlike
gronde het om sodanige versoek te rig.
Ons onderneming aan u, ons kliënt
Senwes sal nie enige persoonlike kliënte-inligting aan derde partye
vir onafhanklike gebruik beskikbaar stel of voorsien nie.
Bewaring van persoonlike inligting
Persoonlike inligting wat versamel word deur Senwes via die Senwes
webtuiste, word in 'n veilige omgewing bewaar.
Privaatheid en sekuriteit van toepassing op
spesifieke aanlyndienste
Verskillende aanlyndienste en Senwes besigheidseenhede mag hul eie
privaatheids- en sekerheidsbeleide hê aangesien die aard van hul dienste
en produkte mag afwyk van die algemene Senwes beleid. Hierdie spesifieke
beleide sal spesifiek van toepassing wees op die gebruik van
aanlyndienste.
Neem E-pos ernstig op:
Kommunikasie vanaf hierdie webtuiste
Senwes mag u persoonlike of ander inligting gebruik om inligting met
betrekking tot nuwe dienste of produkte wat u mag interesseer, van tyd
tot tyd aan u te pos, e-pos of sms-inligting daaromtrent aan u te stuur
met betrekking tot Senwes, Senwes se produkte en dienste, of ander
maatskappye in die Senwes groep en hulle produkte en dienste. Die
gebruiker sal die opsie hê om aan te dui of hy/sy sodanige
produkinligting wil ontvang in die toekoms. Die gebruiker sal egter
voortgaan om ander produkinligting te ontvang tot sodanige tyd as wat
die opsie om nie toekomstige kommunikasies te ontvang nie, gekies is.
Vertroulikheid
Onthou, gewone ongekodifiseerde ("non-encrypted") e-pos is nie veilig
nie. Om hierdie rede sal Senwes nie vertroulike rekening-inligting per
e-pos voorsien nie.
Derde partye
Indien Senwes ander organisasies sou versoek om ondersteunende dienste
aan Senwes te lewer, sal Senwes hulle verbind tot die Senwes beleid oor
die beskerming van privaatheid in soverre as wat dit nodig mag wees om
toegang te verkry tot Senwes kliënte se persoonlike inligting ten einde
hul dienste uit te voer.
Die Senwes webtuiste mag koppelings aan of vanaf ander webblaaie bevat.
Alhoewel Senwes poog om slegs webblaaie te koppel wat sy hoë standaarde
en respek vir privaatheid deel, is Senwes nie verantwoordelik vir die
inhoud of die sekuriteit of privaatheidspraktyke van toepassing op ander
webblaaie nie. Senwes beveel aan dat u altyd die sekutiteitsreëlings van
sodanige webblaaie bestudeer.
U kan bydra tot die beskerming van u privaatheid
U kan ook help om die sekuriteit van u inligting te beskerm deur die
volgende te doen
Moenie u identiteit of kodewoord met enigiemand deel nie.
Wysig u kodewoord op 'n gereelde basis.
Onthou om af te teken na 'n aanlyn sessie.
Moenie u rekenaar sonder toesig laat terwyl u aanlyn transaksies
doen nie.
Help Senwes om akkurate rekords in stand te hou deur ons in
kennis te stel van wysigings in u situasie sodat ons ons rekords
dienooreenkomstig kan opdateer.
Moenie enige vertroulike inligting via ongekodeerde
("unencrypted") e-pos stuur nie.
Moenie u persoonlike en finansiële inligting toevertrou aan
enige webblad wat u nie ken of vertrou nie.
Reg om hierdie privaatheid en sekerheidstelling te wysig
Senwes behou die reg voor om hierdie beleid oor die beskerming van
privaatheid te enige tyd te wysig. Alle wysigings tot hierdie beleid oor
die beskerming van privaatheid sal op die Senwes webtuiste gepubliseer
word. Tensy anders bepaal, sal die huidige weergawe alle vorige
weergawes van hierdie beleid oor die beskerming van privaatheid herroep
en vervang.