SENWES 
  Korporatief

 
  KORPORATIEWE INLIGTING
  :: Senwes > Korporatiewe Inligting
 
Vrywaring, Kopiereg en Gebruikersooreenkoms vir Senwes Webtuiste

Enige persoon wat die Senwes webtuiste (hierna ook verwys na as "die webtuiste" of "hierdie webtuiste") besoek en/of toegang verkry op welke wyse ookal, sal onderhewig wees aan die volgende terme en voorwaardes:

1. VRYWARING
  1. Terwyl Senwes alle redelike pogings aanwend om te verseker dat die inligting en/of data in hierdie webtuiste vervat, verkry is van betroubare bronne sal Senwes nie verantwoordelik wees vir enige foute, voorstellings of weglatings of die resultate wat verkry is na aanleiding van die gebruik van die inligting nie;
     
  2. Senwes en/of sy werknemers en/of agente maak geen waarborge of voorstellings van enige aard ookal hetsy uitdruklik, stilswyend of by wyse van implikasie tot die werking van hierdie webtuiste, die inligting daarop vervat, die inhoud daarvan, die goedere en dienste wat op hierdie webtuiste geadverteer word nie asook nie ten opsigte van enige andere inligting en/of webtuistes wat via die Senwes webtuiste toeganklik is nie;
     
  3. Senwes en/of sy werknemers en/of agente sal nie aanspreeklik wees vir enige skade en/of verlies gely van welke aard ookal, as gevolg van die gebruik van hierdie webtuiste of as gevolg van die gebruik van enige inligting en/of data wat vervat is op die webtuiste of enige ander inligting en/of data wat via hierdie webtuiste toegangklik is of word nie;
     
  4. Senwes aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir die gebruik, hetsy deur direkte of indirekte gebruik, die werking en/of korrektheid van die inligting van enige webkoppelings op die Senwes webtuiste nie.
     

2. KOPIEREG

  1. Senwes Beperk (Registrasie nr 1997/005336/06) is die eienaar of reghebbende van alle inligting en/of data wat in hierdie webtuiste vervat is en behou alle kopiereg voor;
     
  2. Die volledige inhoud van hierdie webtuiste insluitende die teks, grafiese ontwerpe, logo's, en handelsmerke is die eiendom van Senwes Beperk en/of sy filiale en is beskerm deur die Suid-Afrikaanse en internasionale intellektuele goedere reg.
     

TOEPASLIKE REG EN WYSIGINGS

  1. Hierdie webtuiste is geskep, word onderhou en beheer deur Senwes Beperk in die Republiek van Suid-Afrika en gevolglik sal die wette van die Republiek van Suid-Afrika asook Suid- Afrikaanse jurisdiksie hierop van toepassing wees;
     
  2. Senwes behou die reg voor om wysigings tot hierdie webtuiste asook die terme en voorwaardes hierin vervat, te maak sonder enige vooraf kennisgewing aan enige van die gebruikers van hierdie webtuiste;
     
  3. Indien Senwes se regte soos hierin vervat aangetas word of sou enige gebruiker nie hierdie terme en voorwaardes nakom nie, sal Senwes geregtig wees om toepaslike regsaksie en/of optrede te neem.


As u enige vrae of kommentaar oor hierdie bladsy het, stuur ‘n e-pos aan info@senwes.co.za

 
 
 


Korporatief | Marktoegang | Insetverskaffing | Mediasentrum | Snel-skakels | SenwesMobile | MySenwes | Kontak Senwes

Direkteure | Uitvoerende Bestuur | Kopiereg en vrywaring | Terme en voorwaardes | U privaatheid | Webkaart

SENWES BEPERK Registrasienommer 1997 / 005336 / 06
Charel de Klerkstraat 1, Klerksdorp  ---  Posbus 31, Klerksdorp, 2570
Tel: +27 18 464-7800   |   Faks: +27 18 462-4873   |   Tolvry: 080 941 4011   |   info@senwes.co.za|

Kredietverskaffer- Verwysingsnommer: NCRCP 2402

Enige vrae en/of kommentaar oor Senwes se webwerf kan gestuur word aan webmaster@senwes.co.za