 |
Oor die
program |
Oorsig van die
Besigheidsareas |
Programstruktuur |
Opleiding en
Ontwikkeling
|
Senwes is ‘n landbou-organisasie, wat al vir
meer as ‘n honderd jaar op die voorpunt van Suid-Afrikaanse
landboubesigheid besigheid doen. Die maatskappy het belange in
die Vrystaat, Noordwes en Gauteng.
|
|
2010 Gegradueerdes |
|

|
Die twaalf gegradueerdes wat deel vorm van die
Senwes Graduate Program. Voor (van links): Simphiwe Ndlovu,
Bophelo Hobe, Brenda Steenkamp, Tshegofatso Rasemane, Yaseen
Ismail en Freelance Khambako. Agter (van links): Yvonne Monnamme,
Mohamed Bata, Edwin Mosalaesi, Adriaan Engelbrecht, Stephan le
Roux en Leon van Tonder. |
|
Oor die
program |
Die Senwes Graduate-program identifiseer talentvolle
gegradueerdes met die doel om hulle tot toekomstige
maatskappyleiers te ontwikkel.
Hierdie jaarlange program bied jou die geleentheid om te
leer en ontwikkel deur middel van ‘n gestruktureerde roterende
en gespesialiseerde ontwikkelingsprogram en om gementor te word
deur suksesvolle individue.
|
|
Oorsig van die
Besigheidsareas |
As ‘n gegradueerde, sal jy die geleentheid hê om insig te kry en
ervaring in die volgende afdelings op te doen.
Senwes Korporatief
Senwes Korporatief bestaan uit die volgende ondersteunende
dienste vir die Senwes Groep: Bemarkingskommunikasie en -gebeurtenisse,
Finansies, Regsdienste, Inligtingstegnologie, Landboudienste en
Menslike Hulpbronne.
Senwes Grainlink
Senwes Grainlink is die graanindustrie se eerste keuse wanneer
dit by die hantering, opberging en bemarking van graan vir sy
kliënte kom. Senwes Grainlink bied al die dienste in die
graanproduksieketting gerieflik onder een dak.
Senwes Village
Senwes Village is jou een-stop landbou-, buitelug en boerdery
meganisasiemaatskappy wat gespesialiseerde, holistiese,
professionele diens en produkreekse van die hoogste gehalte bied.
Senwes Credit
Senwes Credit bied eersterangse kredietfasiliteite, uitstekende
diens, besigheidsoplossings en uitgebreide bedryfskennis aan
graanprodusente.
|
|
Programstruktuur |
- Die program is ‘n gestruktureerde 12-maand-lange program
en sal breër funksionele dissiplines dek om volle begrip van
die Senwes waardeketting te verseker.
- Na die voltooiing van die program, sal Senwes besluit
oor ‘n permanente aanstelling of beëindiging van die proses.
- Daar sal ‘n ses maande roterende periode wees, waarna
gegradueerdes in gepaste afdelings geplaas sal word vir die
res van die program vir spesialiseringsdoeleindes.
- Alle gegradueerdes sal aangewese mentors binne hul
bepaalde afdelings hê.
|
|
Opleiding en
Ontwikkeling |
Senwes is verbind tot lewenslange leer deur middel van ‘n
verskeidenheid opleidingsinisiatiewe. ‘n Kombinasie van formele
en praktiese opleiding sal jou vermoëns deur die loop van die
program uitbrei.
Dit sluit in:
- ‘n Induksiegeleentheid wat ‘n inleiding tot Senwes en ‘n
oorsig van die program sal bied.
- Die geleentheid om betrokke te raak by ‘n hulpbronprojek.
- Leierskap- en besigheidsopleiding om jou persoonlike
vermoëns te verbeter.
|
|
Aanvangsdatum: 15 Februarie 2010
Kontak: Stuur ‘n e-pos na Hester Barnard by
hester.barnard@senwes.co.za vir meer inligting.
|