Laai die
Elektroniese Aansoekvorm af, voltooi
die relevante velde volledig op die dokument en kliek op die submit-knoppie
om die voltooide dokument per e-pos aan Senwes te stuur. Wanneer die
submit-knoppie gekliek word, sal ‘n reeds-geadresseerde e-posboodskap,
wat u voltooide aansoekvorm bevat, gegenereer word. Dekbriewe en
elektroniese CV’s kan by hierdie e-posboodskap aangeheg word. Hierdie
vorm kan ook uitgedruk word en saam met relevante dokumentasie gestuur
word na:
Die interaktiewe aard van die PDF-dokument vereis dat die nuutste
weergawe van Adobe Acrobat Reader gebruik word. Indien u weergawe
verouderd is en nie die dokument kan lees nie, kan u die nuutste
weergawe by
http://get.adobe.com/reader aflaai.
Senwes ondersteun die beginsel van transformasie deur die aanstelling
van persone vanuit die aangewese groepe en potensiële kandidate word
aangemoedig om aansoek te doen.
Senwes, ‘n landbouorganisasie, is al bykans ‘n eeu aan die voorpunt van
Suid-Afrikaanse landboubesigheid. Die maatskappy het belange in die
Vrystaat, Noordwes Provinsie en Gauteng.
Met ‘n omset van ongeveer R11 miljard in 2009, is dit duidelik dat
Senwes die verkose diensverskaffer aan die landbougemeenskap is.
By Senwes glo ons. . .
Dat Senwes se werknemers juis die maatskappy se voordeel in die mark is.
Omdat ons werknemers waarde tot Senwes toevoeg, is dit ons doel om ‘n
omgewing te skep waar:
• Respek vir alle individue ongeag hul geslag, ras of geloof geld.
• Deelnemende, innoverende leierskap en persoonlike ontwikkeling by elke
individu gestimuleer word.
• 'n Passie en strewe vir uitstaande klantediens en produkte by elke
werknemer gekweek word.
Voorkeur sal aan die aangewese groepe gegee word. Persone wat vir die
poste aansoek doen moet Engels magtig wees en Afrikaans as spreektaal
kan bemeester.