Toerusting & Implemente

 

Senwes Equipment is 'n gerekende landboutoerusting- en -dienstevennoot en bied produsente meganisasie- en instandhoudingsoplossings vanuit 27 takke en 18 meganisasiewerkswinkels landswyd. Deur ‘n gesamentlike onderneming tussen Senwes Equipment en J.D. Implemente kon Senwes sy voetspoor as ekslusiewe John Deere agent uitbrei na die Wes- en Oos Kaap.

JDI WEBBLAD  |  

‘n Heelwerktuigbemarker in jou streek staan reg met goeie raad en uitstekende diens. Laat Senwes Equipment se bemarkers jou bystaan met goeie diens op trekkers, implemente en verskeie ander boerderytoerusting wat op die plaas benodig mag word.



 

Senwes Equipment bied top gehalte onderdele en tree op as agent vir die volgende handelsmerke:

John Deere, Agritec, Slattery, Konskilde, Kuhn, Krone, John Shearer, Rovic, Soilmaster, Exide-batterye, Willard-batterye, GUD & Donaldson filters, Drotsky, Lemken, Orthman, Amazone, Falcon, KMC, SKF bearings. Ons hou ook 'n wye reeks parte, boute en moere, laers, V-bande, kettings, bo-dele en skakelingsdele aan.

Senwes Equipment bied ook ‘n wye reeks John Deere speelgoed, geskenke en klere aan. Kontak u naaste Senwes onderdele-sentrum vir navrae en aankope. Ons is toegewy om uitnemende diens aan ons klante te lewer!

 

As deel van Senwes Equipment, vorm werkswinkels een van die belangrikste ondersteunings- en naverkope-dienste wat volhoubare ondersteuning aan klante verleen. Die werkswinkels beskik oor vakmanne wat gespesialiseerde dienste, algemene herstelwerk en instandhouding ten opsigte van die agentskapprodukte lewer.

 

Senwes Presisieboerdery bring die nuutste boerderytegnologie op ‘n wetenskaplike, praktiese en verantwoordelike wyse na die produsent, ten einde gewasproduksie te optimaliseer en die hoogs moontlike opbrengs op die produsent se finansiële belegging te realiseer. Produkte wat betroubaar, aanpasbaar, opgradeerbaar en gebruikersvriendelik is, word deur Senwes Presisieboerdery bemark.

Presisieboerdery word beskou as die praktyk waar akkurate area- of sonespesifieke monitering en insette gedoen word binne ‘n land, na gelang van die spesifieke behoefte van elke sone binne die land.

 
 
 

Senwes Equipment is 'n trotse verskaffer van gehalte gebruikte heelwerktuie. Laai gerus die huidige maand se aanbiedinge in PDF-formaat af. Indien jy iets sien waarvan jy hou, kontak sommer die verkoopspersoon op die nommer wat by elke advertensie verskyn.

Voorraad Opruiming Veiling 

Vir algemene navrae rakende gebruikte heelwerktuie, kan die onderstaande persone gekontak word.