Talle sprekers by 14de Senwes Toekomsfokus by Nampo Park

  • 13 September 2017
  • 1806
  •  Senwes
  •  
  •  escenario



 
Die hoëprofiel paneel bestaan vanjaar uit Theo Vorster wat as die fasiliteerder optree, Roelf Meyer (In Transformation Initiative), Dr. Mathews Phosa (Politikus), Francois Strydom (Senwes: Hoof Uitvoerende Beampte) asook Nompumelelo Runji (Politieke Analis) en die 2017 Vrystaat Jongboer van die Jaar, Johan van Huyssteen. 
 
Die tema vir vanjaar se Senwes Toekomsfokus is Landelike Gemeenskapsamewerking waar daar ook baie praktiese demonstrasies van hommeltuig tegnologie, Agri Drainage, presisieboerdery asook ʼn besoek aan ʼn veevoerfabriek is met ʼn spitbraai na die tyd.
 
Moet nie hierdie 14de Senwes Toekomsfokus by Nampo Park misloop nie. Die kostes vir die dag beloop slegs R100 per persoon (spitbraai ingesluit) met kaartjies wat by die hek beskikbaar sal wees. Die fondse is ten bate van die Jongboerkomitees van Agri NW en Vrystaat Landbou.
 





Verwante Artikels