SA Suiwelkampioenskap bevorder uitnemendheid in bedryf

  • 08 Maart 2021
  • 1059
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Om dié rede word die beoordeling van die kampioenskap as ʼn nasionale maatstaf voorgehou waarvolgens groot en klein vervaardigers – van internasionale maatskappye tot kleinkaasmakers – hulself jaarliks teen mekaar meet. 

Dit is die mening van Alan Fourie, hoofbeoordelaar by die jaarlikse kampioenskap, na die afhandeling van die beoordelingsproses by Elsenburg buite Stellenbosch. Hy verduidelik dat vanjaar se beoordeling streng volgens die daargestelde Covid-19-regulasies plaasgevind het en gevolglik oor twee dae met slegs 30 beoordelaars per dag afgehandel is. Volgens Johan Ehlers, uitvoerende hoof van Agri-Expo, is byna 900 suiwelprodukte vanjaar vir beoordeling voorgelê, wat ʼn groot pluimpie vir die suiwelbedryf is.

Die wenner in elk van die meer as 100 kategorieë word as SA kampioen bekroon, terwyl produkte van ʼn besondere hoë gehalte ook die Qualité-merk van gehalte ontvang. Laasgenoemde is die enigste merk van gehalte vir suiwelprodukte wat in Suid-Afrika erken word. 

Alle wenners, sowel as die Produk van die Jaar, sal op Vrydag 26 Maart 2021 aangekondig word.  Dié aankondiging sal deur middel van ʼn virtuele aanbieding geskied en belangstellendes kan www.cheesesa.co.za of www.agriexpo.co.za besoek vir meer inligting. 





Verwante Artikels