'n Treffer Kerspartytjie in Oktober

  • 01 November 2017
  • 2008
  •  Senwes
  •  
  •  press-release



Die konsep is tien jaar gelede ontwikkel toe Senwes personeel 'n verskil wou maak en die harte van 'n paar minder bevoorregte kinders en gestremdes wou bly maak. Dit het oor die jare ontwikkel en gegroei tot 'n reuse geleentheid. 
 
Die geleentheid is moontlik gemaak deur gulhartige borge, wat kontant of ander skenkings gemaak het. Borgskappe het onder andere tente, stoele, vervoer, kos, koeldranke, musiek en verhoogvermaak ingesluit.
 
Senwes personeel het 'n groot bydrae gemaak deur Kersgeskenke van die kinders se keuse vir elk van die 590 kinders op eie koste te koop. Hierdie kinders is van agte verskillende instansies in die Matlosana gebied en een van Viljoenskroon.
Me Elmarie Joynt, besturende trustee van Thobo Trust (Senwes KSBI), onder wie se leiding die Kersparty gehou word, sê: “Dit was oorweldigend om die geluk op die gesigte van die kinders en volwassenes te sien toe Kersvader die geskenke op 'n JCB daar aanbring. Dit was selfs meer oorweldigend toe hulle die geskenke ontvang en oopgemaak het”. Van die borge was Steers (plaaslik), wat 'n hamburger vir elke persoon by die partyjie geskenk het (600 burgers). Roman’s Pizza (plaaslik) het 900 pizzas teen verlaagde pryse verskaf. “Ons wil graag al ons borge bedank vir hul vrygewige bydraes”, het Elmarie bygevoeg. 
 
Senwes wil graag sy opregte dank en waardering aan die volgende borge oordra, wat hierdie geleentheid moontlik gemaak het: • Senwes Credit • Danie Minnaar • Senwes Grainlink • Guterra Tours • Hinterland • IPT • Thuso Mills (Thabo van Zyl) • JD Botha & Sons • Nedbank  • Old Mutual • Nico Liebenberg • Brand Theunissen • RMB • Rozello • Sizabantu • Studio Republic • Techmach • TLC Fire • Tom van Rooyen • CSS Security (Oskin) • Datacentrix • Tradevantage • ABI • Cardoso • Certisure  • John Deere • Grainovation • Liberty Life • Tip Top Tents • Steers • CANSA • Klerksdorp Technical High School • Reformed Church Doringkruin • Rent-a-Drum • ER 24 • Matlosana Firebrigade • Senwes Equipment • GAP Staging • GDS • Talisman  • Degesh  • Ultimate Schoolware • Schoonspruit High School • Wesvalia High School • KHS • Almur Marais • Klerksdorp Record • Road Show Entertainment • Triest Training Centre • Botle-Ba-Kopano • Grindrod • Road-Pave • Roman’s Pizza
 





Verwante Artikels