Lees nou die nuutste uitgawe van die Senwes Scenario

  • 10 Oktober 2017
  • 505
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



 

Senwes
Scenario

Senwes Scenario

Oktober - November, 2017

 

Die unieke Noordwes dorpie van Schweizer-Reneke is die volgende fokus in die Oktober/ November 2017 uitgawe van Senwes Scenario. Op hierdie uitgawe se voorblad pryk ‘n Senwes produsent, Johan van Wyk, oftewel Boeta by sy plaas Klipfontein in hierdie distrik.

LEES DIE NUUTSTE UITGAWE    LAAI DIE PDF AF 
Hierdie wêreld is ook Senwes gebied en het volgens inwoners ‘n bietjie van Noordwes, Vrystaat en Noord-Kaap orals te bespeur. Boeta beskryf immers sy deel, wat in die Bloemhof rigting van die dorp geleë is, as “waar die Karoo en Kalahari bymekaar kom.”
 
In Kollig fokus ons op Boeta en sy bedrywighede op sy plaas, sy steunpilare, plaaswerkers en vroulief Trudie, wat ook ‘n boeremeisie is en met die boerdery behulpsaam is. Klein Johan (1) en Dihani (5) observeer klaar alles om oor so 'n paar dekades die leisels op die plaas oor te neem.
 
Senwes Scenario het ‘n bietjie by Senwes Equipment en die Hinterland Village tak gaan inloer, waar takbestuurder Waldo Venter ons oor die tak ingelig het. Ons gesels ook met sommige van die belangrike rolspelers in die gebied, soos die landbou-besigheidsbestuurder, graanbemarkings¬adviseur en die werkende voorman by Senwes Equipment, en oor al die Jaco’s wat hier werksaam is.
 
In Areafokus kyk ons na van die interessanthede, soos waar die dorp sy naam kry, die sogenaamde Kruger miljoene, spoeldiamante, bekende bome en geboue en ook watter bekendes nou juis van die gebied afkomstig is.
 
Met die blik op die toekoms wag almal in spanning vir die opening van die Oos-Londen tak. Ons sal oor Senwes Equipment se bedrywighede in Oos-Londen berig, sowel as op die uitbreiding in die Oos-Kaap.





Verwante Artikels