Koring en kanola kraai koning tydens eerste produksieskatting

  • 31 Augustus 2020
  • 1977
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



In sy eerste produksieskatting vir wintergewasse het die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) vanjaar se koringoes op 1,96 miljoen ton geraam. Dit is sowat 28% meer as die vorige oes van 1,53 miljoen ton.

Die oppervlakteskatting is aangepas na 515 800 hektaar, 1 200 hektaar laer, en die verwagte opbrengs word geskat op 3,8 ton per hektaar. Die helfte van dié koring sal in die Wes-Kaap verbou word, gevolg deur die Vrystaat met 19% en die Noord-Kaap met 14%.

Ander gewasse

Die produksieskatting vir moutgras is 505 215 ton, wat 46,4% of 160 215 ton meer is as die vorige seisoen se oes van 345 000 ton. Die oppervlakte beplant word beraam op 141 690 hektraar, terwyl die verwagte opbrengs 3,6 ton per hektaar beloop.

Die verwagte kanola-oes is 122 820 en is opwaards aangepas met 29, 28% (of 27 820 ton) vanaf die vorige seisoen se oes van 95 000 ton. Die oppervlakteskatting vir kanola is 74 120 hektaar, met ‘n verwagte opbrengs van 1,7 ton per hektaar.

Die hersiene oppervlakteskatting vir hawer vir die 2020-seisoen is 27 000 hektaar en die verwagte oes is 45 500 ton. Die verwagte opbrengs is 1,7 ton per hektaar.

* Die tweede produksieskatting vir wintergawasse vir 2020 sal op 29 September vrygestel word.






Verwante Artikels