JCB en Senwes Equipment is ʼn wenkombinasie

  • 01 September 2017
  • 170
  •  Senwes
  •  
  •  senwes-equipment



Sedertdien was daar talle JCB demonstrasies by JCB uitstallings, waaronder Nampo Oesdag 2017 en Senwes Equipment Ekspo 2017 die grotes was. In Maart is Antoon Smalberger as die nuwe JCB Verkoopsbestuurder aangestel - Senwes Scenario het demonstrasies op produsente se plase saam met Antoon bygewoon.
Een van dié demonstrasies was by produsent Andries Kriek se plaas, Middelvlei, in die Theunissen omgewing. Kriek het veral belangstelling getoon in die JCB Telescopic Handler 53-170 wat sy aandag by Nampo getrek het.
 
Hy is een van talle voornemende klante wat tans opgevolg word. Die JCB en Senwes Equipment span het die dag bygewoon. JCB was verteenwoordig deur Matthew Barkas (JCB - Streeksbestuurder Afrika), Daniël Erasmus (JCB – Verkoopsingenieur),  en Senwes Equipment was verteenwoordig deur Antoon Smalberger (JCB - Verkoopsbestuurder) en  Herman Smalberger (Bemarker Bultfontein).
 
Barkas het die fynere kunsies van die produk aan Kriek gedemonstreer met Erasmus wat Barkas bygestaan het en ook tegniese kennis verleen het. Erasmus het aangevoer dat hulle die diens nie net in Suid-Afrika lewer nie - hy reis gereeld na lande soos Zimbabwe en Zambië waar uitstallings en demonstrasies by skoue en boeredae gedoen word. Hulle volg nou juis oor die 300 leidrade van voornemende klante op en hy besoek elke dag ʼn ander handelaar. Hy noem dat demonstrasies verseker ʼn impak het en nou begin vrugte afwerp.
 
Kriek hou veral van die veelsydigheid van hierdie spesifieke model en die feit dat dit ʼn hele klomp voordele het omdat dit verskeie take kan verrig, wat ook die rede is dat hy na die demonstrasie die jawoord gegee het om die JCB Telescopic Handler 531-70 aan te koop. Hy is ook baie tevrede met sy aankoop.
 
Antoon Smalberger het beaam dat sulke besoeke en demonstrasies net nog meer die uitstekende waarde uitwys wat JCB en Senwes Equipment aan klante bied. Smalberger het gesê dat buiten die Telescopic Handler, is die Frontloader en Mini Excavator ook baie gewild. Vir meer inligting oor JCB produkte en demonstrasies, kontak Antoon Smalberger by 018 464 7571 of stuur ‘n e-pos aan antoon.smalberger@senwes.co.za.
 





Verwante Artikels