JCB en Senwes Equipment: 'n Perfekte kombinasie

  • 02 Januarie 2017
  • 948
  •  Senwes
  •  
  •  senwes-equipment



Die Groep Verspreidingsontwikkelingsdirekteur van JCB, David Lumley-Wood, sê: “Die nuwe vennootskap tussen Senwes Equipment en JCB is 'n absoluut perfekte kombinasie.”
 
Senwes Scenario het met die besoekende JCB span, bestaande uit David Lumley-Wood (Groep Verspreidingsontwikkelingsdirekteur), Andrew Boyers (Besigheidsontwikkelingsbestuurder Afrika) en Matthew Barkas (Streeksbestuurder Afrika) tydens 'n besoek aan Senwes hoofkantoor op Donderdag, 29 September 2016.
 
Lumley-Wood het verduidelik waarom hulle Senwes Equipment as vennoot gekies het: “Senwes Equipment is 'n fantastiese, sterk en gerespekteerde vennoot. Ons het na 'n besigheid gesoek wat die landbousektor en klante in Suid-Afrika verstaan. Wat ons gekry het was Senwes Equipment, wat 'n goed gefinansierde en professionele organisasie is.”
 
Die twee dinamiese maatskappye is besig om 'n proses uit te rol na alle takke met die boodskap dat verkope en diens die belangrikste fokusareas sal wees - "Klante moet weet dat hulle gewaarborg is van naverkopediens".
 
Alhoewel JCB meer bekend is vir die konstruksiekant van hul besigheid, is JCB egter 'n besigheid met toerusting vir 'n hele reeks segmente - "Ons besigheid behels konstruksie, landbou en mynwese.¨
 

Produkte

Sover dit produkte aanbetrek sal ons aanvanklik fokus op die bachoe laaigraaf met 'n reeds gevestigde mark en, selfs meer opwindend, die teleskopiese hanteerders. Senwes Equipment se Besturende Direkteur, Ferdie Pieterse, het baie te sê oor hierdie nuwe era wat hulle nou saam met JCB betree. “Hierdie uitstekende produkte sal deel vorm van ons portefeulje en sal geweldige waarde toevoeg tot ons landbou- en ligte industriële klantebasis.”
 
Die lys produkte sal insluit mini laaigrawe, swaardiensvurkhysers, teleskopiese laaigrawe en meerdoelige hanteervoertuie.
 

Uitstekende diens

Pieterse sê dat al die produkte reeds by die takke bemark word, alhoewel voorraad nog nie by al die takke beskikbaar is nie. Hy het bygevoeg dat die onderdele reeds op die Equip-stelsel gereflekteer word en van alle dienspunte af bestel kan word. Daar is ook reeds voorraad by die werkswinkels.
 
Uitstekende diens word ook gewaarborg en die opleiding van personeel het reeds 'n aanvang geneem. Deurlopende opleiding sal verskaf word met betrekking tot onderdele en tegniese dienste.
 

Groei die landbougedeelte van die besigheid

JCB se doelwit is om 'n totale nuwe mark te vestig. Hulle het meer as 300 verskillende soorte masjiene, wat beteken dat die geleenthede nimmereindigend is.
Lumley-Wood sê dat dit nog altyd hul ambisie was om die landboubesigheid hier uit te brei en dit hang af van die regte vennoot, soos Senwes Equipment.
 

Die paadjie tot nou

Onderhandelinge het reeds in Mei 2016 begin en 'n besigheidsmodel is suksesvol aan JCB voorgelê.  Na verskeie besoeke deur hul Britse bestuur, is die ooreenkoms amptelik onderteken in September.  Die res is geskiedenis ... 
 
Senwes Equipment deel die waardes van JCB. Ons is nou vennote vir die lang termyn en uitstekende samewerking word ervaar.
 





Verwante Artikels