Aussies se La Nina – goeie nuus vir SA

  • 02 Oktober 2020
  • 1735
  •  senwes
  •  
  •  nuus



Omdat Suid-Afrika en Australië op dieselfde breedtegraad lê, volg weerkenners die Enso-status met groot belangstelling.

Impak op Suid-Afrika

Volgens Johan van den Berg, ʼn onafhanklike landbouweerkundige, is daar ʼn 50% tot 80% kans dat die droogtetoestande oor Suid-Afrika in die komende somer kan breek. Dié skatting is gegrond op data van verskillende weermodelle en die vooruitsigte vir die La Nina-stelsel.

Hy verduidelik dat volgens geskiedkundige weerneigings is die kans dat ʼn La Nina-stelsel die hele somer kan voorkom, sowat 80%, as die stelsel in September reeds goed gevestig is. Die goeie vooruitsigte vir reën word verder ondersteun deur die Indiese Oseaan-dipool (IOD) wat sedert Junie vanjaar negatief begin neig het. ʼn Sterk positiewe IOD, soos wat aan die begin van die 2019-’20-somerseisoen geheers het, beïnvloed reënval nadelig, terwyl ʼn positiewe IOD bydra tot goeie reënval oor Suid-Afrika.

Gegewe die weermodelle van die Universiteit van Queensland, is die vooruitsigte vir goeie neerslae in die oostelike tot sentrale dele van Suid-Afrika gunstig van Oktober af. Dié reënpatroon kan stelselmatig uitbrei om vanaf November ook die westelike dele van die land in te sluit. Johan meen dat goeie neerslae oor groot dele van die land verwag kan word vanaf November tot April volgende jaar. Hierdie neerslae sal van Maart tot Mei 2021 na die Suid-Kaap uitbrei.






Verwante Artikels