SenwesMobile

Senwes poog om met belangegroepe te kommunikeer volgens hul voorkeurkanale. SenwesMobile is ‘n versamelnaam vir Senwes se kommunikasieprodukte wat spesifiek ontwikkel is om toeganklik te wees via mobiele toestelle.

SENWES.mobi

SENWES.mobi* is 'n weergawe van Senwes se webblad, wat geoptimiseer is vir gebruik op selfoon en tabletrekenaars. Kies tussen ‘n “Lite” en “Advanced” weergawe, afhangende van jou voorkeure en toestel. Beide bevat dieselfde inligting, maar die “Lite”-weergawe is minder data-intensief en dus beter vir ouer selfone, terwyl die “Advanced”-weergawe primêr vir slimfone en tabletrekenaars gestileer is.

Ons mobi-webblad bied jou toegang tot:

  • markpryse en –verslae (SAFEX, CBOT, KANSAS, wisselkoerse, olie- en metaalpryse, en groente en vleispryse);
  • weervoorspellings tot sewe dae vooruit;
  • ‘n mobiele weergawe van MySenwes;
  • kontakbesonderhede vir ons bedryfspunte;
  • geklassifiseerde advertensies (NetAds);
  • gebruikte heelwerktuie te koop;
  • Senwes en Senwesbel aandeelpryse; en
  • nuus, wat insluit Senwes webbladartikels, Senwes sosiale mediaplatforms en die nuus vanaf prominente nuusdienste in Suid-Afrika.

SENWES.mobi InfoLine - (018) 464-7799

Die InfoLine* bied ‘n opsommende, geoutomatiseerde daaglikse oudio-markverslag, wat die insigte van die analiste by Senwes Grainlink bevat. Hulle vertel vir jou waarom en hoeveel die mark behoort te beweeg. Stoor die nommer op jou selfoon en skakel weeksdae na 09:00 om ingelig te bly.

Hierdie markverslagopname is ook op die Senwes tuisblad, sowel as op die markte-bladsy van ons mobi-webblad beskikbaar.

Markprys SMS’e

Senwes klante het die geleentheid om gratis daaglikse SMS’e te ontvang met markpryse – komplimente van Senwes Grainlink. Stuur eenvoudig ‘n e-pos na web@senwes.co.za met jou naam, Senwes klantnommer en selfoonnommer. So maklik soos dit!

* Normale oproep- en datatariewe geld. Senwes hef geen addisionele fooie op hierdie dienste nie.


Facebook   Twitter   YouTube  



SENWES BEPERK Registrasienommer: 1997 / 005336 / 06
1 Charel de Klerk Straat, Klerksdorp --- Posbus 31, Klerksdorp, 2570
Tel: +27 18 464-7800 | Faks: +27 18 462-4873 | Tolvry: 080 941 4011 | E-mail: info@senwes.co.za
Kredietverskaffer - Ref number: NCRCP 2402
Enige vrae of kommentaar aangaande die webtuiste
kan gerig word aan webmaster@senwes.co.za