Senwes verstaan dat internettoegang in ons plattelandse gemeenskappe 'n probleem is. Daarom het ons saam met MTN gewerk om 'n ekslusiewe geleentheid om op die lug te kom vir alle Senwes kliënte daar te stel.
Senwes rekeninghouers het nou die geleentheid om 'n MTN-kontrak vir 'n tabletrekenaar met 'n internetpakket deur hul bestaande Produksie- of Maandrekeninge te finansier. Die totale 24-maande kontrakkoste sal eenmalig teen die rekening gehef word.
Senwes tree as finansierder op, terwyl die kontrak deur MTN behartig sal word, insluitend tegniese ondersteuning.
Vul asseblief die onderstaande vorm in indien jy belangstel. Jy sal dan later gekontak word en die nodige dokumente sal aan jou voorsien word. Let wel dat die onderstaande vorm is nie 'n bestelvorm nie.