As deel van Senwes Meganisasie, vorm werkswinkels een van die belangrikste ondersteunings- en naverkope-dienste wat volhoubare ondersteuning aan klante verleen. Die werkswinkels beskik oor vakmanne wat gespesialiseerde dienste, algemene herstelwerk en instandhouding ten opsigte van die agentskapprodukte lewer.