Opbrengsmonitering
Opbrengsmoniteringstoerusting is die meetinstrument binne die presisieboerderyproses. Die eerste opbrengskaart is baie belangrik, aangesien dit die interaksie tussen die grond, klimaat en bestuur aantoon na jare van konvensionele (gemiddelde) insette. Opbrengskaarte dien as ‘n verwysing, ten einde die vordering binne die presisieboerderyproses te evalueer.
Opbrengskartering is koste effektief – gemeet aan die besparing van insetkoste en opbrengsverhogings, wat gerealiseer kan word en stimuleer kritiese analise van produksiepraktyke en -besluite.
Eienskappe van Greenstar-opbrengsmonitor
* Slegs vir John Deere-stropers
Aspekte wat vertoon word:
- Gewas
- Opbrengs (graanvloei)
- Vog
- Graantemperatuur
- Oppervlakte
- Werkstempo
- "Flagging"
- Skerm is opgradeerbaar om bv. navigasie, opmeting / notering en veranderlike toediening te doen
Besoek: www.deere.com/en_us/ag/services/ams/